Jongste aktiwiteit:

OU KLIPHUIS

Ou kliphuis,
eenkant
in verlatenheid.
Daar rondom jou
is groot lukwarte bome
waar in kinders kon baljaar.
O watter stories kan jy tog vertel?

Daar op jou grote stoep is daar
gespeel, gelag.
Ja, daar was kinderpret!
Baie liefdeswoorde gefluister
En drome gedroom.

Onthou jy nog die
kuiers rondom kaggelvuur?
Die kinderskaterlag oor stories
uit die vaderhart?
En spookstories wat mens laat gil.

Onthou jy nog die kuiers etenstyd
rondom die tafel, vol gedek?
Handevat en saam gebid,
Woord gebreek en harte gedeel.
Ure lank gekuier, speletjies gespeel.

Ruik jy nog die kombuis
met koolstoof aan die brand,
met boerekos en koffie en beskuit?

Onthou jy nog gedreun van kindervoete
wat op die houtplank speel
en die geskree van kinderstem?

Onthou jy nog die koue spens
met bottels vol konfyt?
En drade vol van droë wors en biltong?
Groot gewerk om al die groente te verwerk?

Baie stories is in jou begin.
Baie lag en huil moes jy verduur,
terwyl jy hul moes veilig hou.

Mis jy ons
soos ons vir jou,
kliphuis met mure sterk?
‘n Veilig vesting in die winterkou en somerson.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed