onvergenoeg
dit vreet soos kanker
die nooit ten volle gelukkig wees
soos ‘n jongmens wat aanhoudend soek
soos die pot wat sy deksel oral loop soek
daardie ongedane sake gevoel wat vreet
en vreet aan jou emosiebevange hart
so leef die mens sy leeftyd om
tot op daardie dag wat kom
wanneer dit gebeur
die pot sy deksel
wel tog vind
en dan begin dit
die grootste soektog
van alles en almal
die soektog na
geestelike
vervulling
wat nie baie
sommer net vind
slegs uit genadehand
kom dit na jou toe aan
gryp dit dan met beide hande
sodat die ware lewe nie
verby jou gly nie
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.