Verrukkende Verlange
Ek onthou -nes kindwees- die vlootbloue berge
voor die skemer die klowe verskadu tot swart
en hoor in verbeelding die kla in die verre
as ‘n demproep van ‘n vleiloerie vol smart.
̕Ek bepeins in die oggend, na na-nag se sterf,
die frank van wilderosyn en soetdoringgom
en verlange vervleg deur in gisters te swerf
as die son hom uit koper tot ragfyngoud mom.
Onthouend die vlootblou van wydweglêberge
met die klofies verskadu deur laatskemering
en gedempte roep van loeries in die verre,
smaak ek hoe pais en vrede my siel binnedring
en, beseël met die ewige liefde van God,
hoe geil-vol die Gees en Seun in ‘n sondaar bot!
6 Kommentare
-
-
Viooltjie
Pragtige sonnet, Koekekranka. Ek kan elke dag so 'n mooi gedig lees.
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Carpe diem projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Ek is mal hieroor