Jongste aktiwiteit:

DIE WINKENDE DOOD HFSTK 4

Die atmosfeer in Amelia de Klerk se spreekkamer is gespanne terwyl die Scholtz familie haar koms sit en afwag. Anneke het haar ouers en Japie Sondagmiddag laat, na Albert se vertrek, begin voorberei dat daar n moontlikheid is dat Catherine aan dwelms verslaaf is. Dit was moeilik om hulle kalm te kry maar het sy tog daarin geslaag om dit reg te kry deur hulle te vertel dat dit nie nou gaan help om Catherine te konfontreer nie. Hulle moet wag vir die dokter se bevindings en dan kan hulle haar konfontreer.

Toe Amelia die spreekkamer binnekom is dit of daar n swaar atmosfeer neersak in afwagting wat die toetsuitslae is. Vir haar is dit net so moeilik om die situasie te hanteer want die saak moet met groot omsigtigheid hanteer word. Die belangrikste is om Catherine se vertroue in die proses van bekendmaking te wen sodat hulle haar volle samewerking kan verkry om haar in haar rehabilitasieproses te help. Sy weet reeds wat die uitslae is en het haarself n hele halfuur gegee om haarself voor te berei om te besluit hoe sy die skokkende nuus aan die familie gaan oordra sonder dat hulle Catherine begin verwyt en haar sodoende haar in haar dop te laat inkruip.

Sy kyk eers die hele familie deur en begin dan met hulle praat: “Ek het nie goeie nuus vanmiddag nie mense. Die bloedtoetse wys swaar spore van mandrax in Catherine se bloed. Dit sê vir my dat sy alreeds n hele ruk aan mandrax verslaaf is en dit verklaar baie dinge soos haar gewigsverlies, haar versnelde hartklop en polsslag asook haar senuweeagtigheid. Daar sal wel ander simptomes ook wees soos narigheid, gebrek aan konsentrasievermoë en n hele klomp ander newe effekte wat sy vermoedelik ondervind”.

Sy bly n oomblikkie stil en sien hoe die hele familie haar geskok aankyk. Toe Antoinette wil begin praat hou sy haar hand op om haar stil te maak en vra vir Catherine: “Catherine jy sal ons nou moet help om jou te help en daar gaan nou n paar vrae gevra word wat ek wil hê jy eerlik moet antwoord. Dit help nie om nou te probeer bluf nie. Ek het alle simpatie met jou en ek vra jou ouers ook dat hulle jou nie moet begin verwyt nie. Hulle moet jou saam met my met simpatie behandel dat ons jou kan help voordat die mandrax jou liggaam en jou lewe totaal verwoes en dalk naderhand jou dood veroorsaak”.
Catherine voel of sy in die aarde kan insink soos sy almal se oë op haar voel. Die oomblik van waarheid wat sy so gevrees het het aangebreek. Dit gaan nie help om met leuens te probeer wegkom nie en besluit sy op daardie oomblik om met die volle waarheid vorendag te kom. Niemand val haar in die rede toe sy begin vertel hoe dit gebeur het nie. Sy vertel hoe sy Paul op facebook ontmoet het en hoe sy haar ouers om die bos gelei het met dat sy by Annetjie gaan slaap het en dat hulle dan kuierplekke toe is. Sy vertel hoe Paul vir haar kom kuier het het en wat toe gebeur het. Sy vertel hoe Riana haar om die bos gelei het met die opkikkermiddel wat sogenaamd die energievlakke sal opvul en skop in die naweek sal sit wat toe al die tyd mandrax was. Sy vertel hoe dit haar vaster in sy greep gekry het en dat sy bang was om hulp te soek. Sy vertel haar geskokte toehoorders die hele verhaal, al wat sy uitlaat is dat sy en Paul saam geslaap het. Sy voel dat daar nie gevolge was nie en wil haar ouers nie daarmee ook nog belas nie, dit moet alreeds vir hulle swaar genoeg wees om te hoor dat sy dwelms gebruik.

Toe sy klaar vertel het is dit of sy ineenstort en begin sy bitterlik huil. Amelia het dit verwag en is dadelik by om haar n inspuiting te gee om haar te kalmeer.
Klaar daarmee sê sy vir Antionettte: “Sy sal nou nou kalmeer en begin lomerig voel. Sy behoort die nag deur te slaap maar julle sal vinnig moet besluit wat ons aan die situasie gaan doen. Ek kan reël dat sy in n sentrum opgeneem word vir rehabilitasie of ons kan probeer om haar hier te rehabiliteer. Ek gaan intussen vir haar n kalmeermiddel voorskryf want sy gaan dit nodig kry as sy nie meer mandrax gebruik nie en die onttrekkings simptomes begin. Daar is ongelukkig geen maklike pad nie mense. Julle moet haar nie n oomblik alleen laat nie want dit kan gebeur dat sy begin onverantwoordelik raak as die onttrekkings simptomes begin erg raak”.

Hulle verlaat die spreekkamer met swaar gevoelens en baie vrae in hulle gemoed. By almal is die onuitgesproke vraag: “Wat het aanleiding tot Catherine se toestand gegee”.

Toe hulle by die huis kom is Catherine al erg lomerig en moet Anneke haar help uittrek en haar in haar slaapklere inhelp om in die bed te kom. Catherine is skaars in die bed of sy raak aan die slaap. Anneke bly n rukkie by haar en begin dan haar kamer deursoek. Dit neem haar nie lank om die mandraxpoeier tussen Catherine se onderklere te ontdek nie en gaan sy studeerkamer toe om by haar ouers aan te sluit.

Dinsdagoggend toe Catherine wakker word na die diep slaap wat die inspuitnig meegebring het is sy dadelik bewus van die hunkering in haar liggaam na die mandrax. Sy voel naar, senuweeagtig en dit is of haar kop dof voel. Sy voel ook senuweeagtig en bewe liggies.

Sy staan op en begin tussen haar onderklere soek. Eers kan sy dit nie glo nie maar dan besef sy, iemand moes dit verwyder het, dit is nie meer daar nie.

Sy sit nog so op die bed toe haar kamerdeur oopgaan en haar ma en Anneke die kamer inkom. Sy voel verwilderd, senuweeagtig en glad nie lekker nie want sy weet nie wat nou gaan gebeur nie. Sy is seker dat hulle haar nou gaan konfontreer en dat hier n rusie kom.

Haar ma kom sit langs haar en in plaas van met haar begin rusie maak, trek sy Catherine styf teen haar vas. Anneke kom sit aan die anderkant langs haar en neem haar hand. So sit die drie van hulle woordeloos want nie een weet wat om vir mekaar te sê nie.

Antoinette is die een wat die stilte verbreek: “Catherine hoekom het jy die goed begin gebruik? Waar het ons tekort geskiet in jou lewe dat hierdie dinge gebeur het. Ek en jou pa het gisteraand tot laat gesels om te probeer vasstel waar ons tekort geskiet het. Jy het tog immers alles, genoeg klere, selfoon van die beste, genoeg geld, vryheid binne perke, alles. Wat het jy tekort geskiet Catherine dat jy aandag op hierdie kuierplekke gaan soek het en met die man wat die naweek hier was deurmekaar geraak het”.

Catherine begin huil en snikkend vertel sy haar ma: “Ja ma ek stem saam, maar dit is altyd net Japie en Anneke. Ek het mos nie plek in julle lewe vir tyd en aandag nie. Al hierdie dinge wat julle my gegee het kan nooit opmaak vir die liefde en aandag wat ek soekend na was nie. Julle is te besig met julle eie lewens en die besigheid, ek het nie plek in julle lewe nie. Julle kan maar ophou wonder, dit is die groot rede”.

Antionette word lam, sy het geen verweer teen die aanklag wat Catherine teen hulle lê nie. In haar hart moet sy erken dit is waar en nou sit hulle met die gevolge. Sy voel of die aarde te klein word en vlug sy uit die kamer uit en los Anneke alleen by Catherine.

Sy sal moet Catherine se vertroue wen en n rusie gaan nie daartoe bydra nie. Sy neem haar suster in haar arms: “Catherine, dit is n bitter moeilike pad wat voorlê maar ons sal die pad saam met jou loop. Ons wil jou help sodat jy van die goed kan ontslae raak en weer n normale lewe kan voer. Ek het gehoor wat jy vir ma gesê het maar dit is nie waar dat hulle nie vir jou omgee nie. Hulle gee vir jou om en dit was nie nodig om ontvlugting op hierdie manier te gaan soek nie. Catherine ons gaan jou help en jy het gehoor wat die dokter gister gesê het. Ons moet besluit of ons jou tuis moet help om van die goed ontslae te raak en of jy na n sentrum toe wil gaan. Ons gaan die keuse aan jou oorlaat”.

Catherine voel sy word naar en moet eers toilet toe gaan om op te gooi. Toe sy terugkom wag Anneke nog steeds vir haar. Dit is duidelik dat Anneke haar nie gaan alleen laat nie en die hele dag saam met haar gaan wees.

Anneke sê haar aan om te gaan stort en aan te trek, sy sal vir haar wag en dan kan hulle saam bietjie met die Eos gaan ry. Dit is of dit bietjie lewe in Catherine bring en gaan stort sy gou, trek aan en dan vat hulle die pad met die Eos met die kap afgeslaan. Dit help n bietjie maar die hunkering in haar liggaam begin nou erg raak en geniet sy nie die rit soos altyd nie. Dit is of sy nie die wind teen haar voel soos altyd nie, sy begin weer naar word en gaan aan die bewe. Vir die eerste keer is dit of sy wegraak en haar dinge begin verbeel. Die hunkering in haar liggaam begin ook nou erg raak en toe hulle by die huis kom begin dit vir haar voel of sy besig is om van haar kop af te raak. Anneke kom dit agter en gee vir haar twee van die kalmeerpille wat die dokter voorgeskryf het in. Sy hou dit by haar want sy is bang dat Catherine te veel drink om te kalmeer.

Die kalmeermiddel help egter nie veel nie. Die ontrekking simptomes word al erger en teen die middag begin al die tekens in al hulle felheid toeslaan. Sy bewe, voel naar, haar maag maak krampe en sy voel of sy die mure kan uitklim van angstigheid. Dit is toe sy Anneke begin smeek om haar mandrax te bring en Anneke, doodverskrik gee in. Sy maak dit vir Catherine aan en gee dit vir haar omdat Catherine te veel bewe. Nadat sy dit gedrink het kom Catherine tot bedaring en sien Anneke haar opening om met haar te praat: “Catherine, ek moes nie die goed vir jou gegee het nie, maar ek kon jou ook nie meer so aanskou nie. Ek gaan nie vir altyd hier wees om jou op te pas nie en jy moet een of ander tyd terug skool toe. Ons moet besluit of ons jou hier gaan rehabiliteer en of jy na n sentrum toe moet gaan, jy kan nie so aangaan nie”.

Met haar liggaam nou tot bedaring begin Catherine lomerig voel en sy konsentreer nie dadelik op wat Anneke gesê het nie, dit is of haar verstand nie inneem nie. Vir Anneke lyk dit of sy in n ander wêreld inbeweeg en besef sy dat dit nie eers gaan help om nou met Catherine te praat nie want Catherine antwoord haar nie eers nie. Sy sug, neem die mandrax om dit weer te gaan wegsteek en verlaat Catherine se kamer maar is vinnig terug. Sy wil Catherine nie n oomblik alleen laat nie want sy is bang Catherine vang iets onverantwoordeliks aan soos om dalk selfmoord te probeer pleeg.

Anneke laat Catherine gaan stort en aantrek en toe sy klaar aangetrek is gaan hulle sitkamer toe waar haar ouers vir haar wag. Anneke het hulle geskakel terwyl Catherine in die stort was om dadelik te kom.

Na n rukkie se bespreking reageer Catherine vir die eerste keer toe haar pa reguit vra: “Catherine ons moet besluit wat ons gaan doen. Dr. de Klerk het my reeds geskakel om te hoor of ons besluit het wat ons met jou gaan doen. Sien jy kans om tuis gerehabiliteer te word of moet ons jou na n sentrum toe stuur waar jy voortdurend onder toesig is”.

Catherine voel redelik dapper op die oomblik en is haar antwoord: “Kom ons probeer maar eers hier by die huis. Ek sal saamwerk”.

Vir Catherine en Anneke word daardei nag n nag van hel. Catherine begin stuiptrekkins kry, wat haar so laat ruk dat Anneke haar later moet vasdruk. By dit alles begin Catherine maagkrampe kry en begin opgooi. Teen drie uur die oggend begin sy allerhande drogbeelde sien. Dit laat haar so skreeu dat Antoinette wakker word en laat kom kyk wat aangaan. Die toneel wat sy aantref skok haar tot in haar diepste wese. Catherine wat met wilde rukkings op die bed lê en skreeu met Anneke wat haar probeer vasdruk. Anneke vra dadelik hulp: “Ma druk haar vas dat ek vir haar van haar wit poeier aanmaak dat ons haar tot bedaring kry sodat ons slaap inkry”.

Antoinette doen dit en van radeloosheid meng Anneke n bietjie mandrax vir Catherine en laat haar dit drink. Hulle moet dit omtrent inforseer maar n minuut of wat later begin die poeier sy werk doen en kalmeer Catherine. Albei van hulle is uitgeput en verval dadelik in n diepe slaap om laat die oggend wakker te word.

Bietjie later gaan sy gewillig saam dokter toe en vertel Anneke vir Amelia van die vorige nag se gebeure. Sy vertel dat sy van radeloosheid vir Catherine mandrax ingegee het om haar te kalmeer. Catherine kan nie glo wat sy hoor nie maar vul dit haar met afgryse om te hoor van haar optrede die vorige nag, sy kan nie glo dat sy in so n toestand was nie.

Amelia besluit om vir haar n sterker kalmeerpil voor te skryf en dan gee sy haar instrukies: “Anneke onder geen omstandighede gee jy weer vir haar mandrax nie. Die middel wat ek nou vir haar voorgeskryf het is aansienlik sterker en behoort haar heelwat meer te kalmeer”.

Daardie nag slaap Catherine rustig. Sy word net eenkeer wakker maar gee Anneke haar dadelik van die pille wat die dokter voor geskryf het in en slaap hulle verder rustig.

Dit word vir Catherine n vakansie van hel. Met Anneke se hulp begin haar liggaam egter aanpas om sonder dwelms klaar te kom en begin sy stadig maar seker weer haar ou self word en met wilskrag oorwin sy dwelms.

Anneke is terug universiteit toe en met Amelia brink se hulp oorwin sy die dwelms. Die drang steek egter van tyd tot tyd sy kop uit maar het Catherine daarin geslaag om die drang te beheer sonder dwelms.

Met haar laaste bsoek aan dr. Brink waarsku sy vir Catherine: “Dit is soos n gerehabiliteerde alkaholis. Die geringste kan jou laat terugval en jou weer na dwelms dryf. Wees baie versigtig vir enige medikasie.

Catherine voltooi haar standerd 9 jaar en haar matriek jaar met vleuende vaandels en breek die tyd aan dat sy tegniese kollege toe gaan om n kusus in modeontwerp te volg. In hierdie tyd het sy ook volkome ontslae geraak van die dwelmdrang.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed