
Die seisoen kantel
Ek hou die son stywer vas
tot sy warm strale
sag oor my wang gly
sal jy nie nog ‘n rukkie bly?
Jy is die mooiste seisoen
in my hart
elke gedagte draai
om jou teenwoordigheid
Die goudgeel son het stil-stil
jou glimlag vasgevang
en aan my hart
se venster’ruit kom hang
Maar vandag voel die son koud
sy strale sukkel om deur die wind
se koue te skyn
die lewe trek my diep
terug in verwyt
en ek kry koud
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.