Jongste aktiwiteit:

My data – bank

My data-bank

My kosbare herinnerings
lê veilig en knus in my hart gebêre
en wieg sluimerend sag gekussing
met die strelende sagte, sussende,
doéf- doef doéf- doef tweeslagmaat
van my hartpomp se egalige ritme
wat sag weerklink in elke polsslag…
Net ‘n gedagte- impuls as brug, laat
ontwaak ‘n herinnering uit sy sluimer
helder en duidelik in my hart se
data- bank.

Janetta – Helena [Babs]©




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed