Jongste aktiwiteit:

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Marthie Joubert het ‘n nuwe publikasie gemaak

DIE WINKENDE DOOD HFSTK 1

Catherine Scholtz sit haarself aandagtig in die groot spieël in haar kamer en beskou. Die beeld wat na haar terugstaar is die van n jong tienermeisie, 17 jaar oud. Hierdie 17jarige meisie het korterige blonde hare, met die mooiste blou oë, fyn gelaatstrekke, haar jong liggaam het sy volheid bereik en word sterk beklemtoon deur die kamerjas wat sy aan het. Sy is n mooi geboude meisie met n baie sensuele liggaam en n paar pragtige bene wat menige man se kop laat draai. Sy lyk bietjie ouer as wat sy is, met die gevolg dat sy ouer mans se koppe ook laat draai en hulle aandag trek.

Catherine is die jongste van die twee dogters van Johan en Antoinette Scholtz, van die vooraanstaande mense op die groot plattelandse dorp, Vaalbos, waar hulle bly en haar pa die eienaar van Boerevervoer is, n vervoermaatskappy wat hy jare terug begin het en uitgebou het tot die reuse vervoermaatskappy wat dit vandag is.

Haar ma ook in die besigheid as die finansiële brein in die besigheid wat hulle na hulle troue begin het en opgebou het tot wat dit vandag is.

Daar is ook haar oudste broer, Japie, wat saam met haar ouers in die vervoer besigheid is. Japie het net na skool in die besigheid begin werk en het haar pa hom met die hand begin groot maak om saam met sy suster, Anneke, wat tans op universiteit ekonomie studeer, eendag volle beheer oor die besigheid oor te neem.

As die finansiële adviseur moet haar ma gewoonlik saans saam met hulle in die studeer kamer wees want blykbaar is die dae net te kort om alles op kantoor te reël. Boonop is haar ouers sosiale mense wat gedurig besig is om groot kliënte te onthaal. Van ouerlike aandag is daar dus in Catherine se geval geen sprake meer nie. sy is heeltemal aan haar eie lot oorgelaat en verkeer heer ouers onder die salige indruk dat so lank as wat sy finasieël goed versorg is hulle hulle plig nakom.

Catherine het op die ouderdom van vyftien vir die eerste keer uitgegaan. Dit was om by n maatjie, een van haar klasmaats, te gaan slaap maar het die maatjie, Annetjie, weer vir haar ouers vertel dat sy by haar kom slaap. So het hulle mekaar begin “cover” en dan Saterdag aande uitgegaan om die naglewe te geniet. In die begin was dit “onskuldige” partytjies by ander vriendinne maar spoedig het die heavy metal musiek en die flitsende ligte hulle begin lok na die kuierplekke waar hulle op maat van die heavy metal musiek gedans en geruk het. Die flitsende ligte en die oorverdowende musiek het tot die atmosfeer bygedra om die jong mense te lok en sien hulle niks verkeerd daarmee nie. Hulle wil “cool” wees en deel van die groep.

Op skool is Catherine n briljante leerling wat baie goed doen in haar akademies. Sy speel netbal, waarin sy n uitblinker is, en voorsien almal vir haar n blink toekoms.

Dit is aan al hierdie dinge wat Catherine sit en dink terwyl sy haarself in die spieël sit en beskou voor sy begin gereed maak om die aand uit te gaan. Sy voel redelik opgewonde oor die aand want sy het vir die eerste keer, na n lang gesukkel van sy kant af, ingestem om een van haar facebookvriende vanaand by die kuier plek te ontmoet. Volgens sy foto is hy n aantreklike jong man met pikswart hare en baie aantreklike gesig wat enige meisie se bene jellie sal laat word. Hy het haar ook met die mooiste woorde oorrompel en daarmee n leemte in haar lewe gevul. Hy het haar op facebook gedurig vertel hoe aantreklik sy is en hoe sy sy hart vinniger laat klop. Hy het geen geheim daarvan gemaak om haar te vertel dat hy gevoelens vir haar het en haar wil ontmoet nie. In die begin het sy allerhande verskonings gehad om hom nie te ontmoet nie maar met mooi woorde en sjarme het hy haar tog oorrompel en het sy ingestem vir vanaand se ontmoeting.

Hy het later haar selfoonnommer ook by haar gekry. Toe het die smse ook begin kom en het haar hart gebons elke keer as sy n sms van hom kry. Dit het hom nie lank geneem om haar voete onder haar uit te kry met mooi woorde en beloftes nie.

Dit is ekke daardie, dink sy by haarself as sy opstaan voor die spieël om te gaan stort. Sy soek haar klere vir die aand sorgvuldig uit en besluit op n leerromp en n spierwit bloes met n effense lae hals. As sy vooroor buig sal die laehals seker maak dat dit bietjie meer vertoon as wat dit moet, merk sy met genoegdoening op toe sy later klaar voor die spieël buig om haar lipstiffie aan te sit toe sy die toeter hoor blaas. Pieter, die buurvrou se seun, wat haar kom optel. Pieter is haar en haar vriendinne se taxi en hulle paspoort by die kuierplek omdat hy ouer as agtien is.

Sy groet haar ouers in die verbygaan waar hulle in die studeerkamer besig is en klim by Pieter in die motor. Hulle gaan tel vir Annetjie en Rita op en sit af kuierplek toe. Catherine het haar ouers vertel dat hulle by Rita, die derde vriendin, gaan kuier

By die kuierplek kry hulle dadelik vir hulle n tafel. Die heavy metal musiek is alreeds oorverdowend met die flitsende ligte wat vreemde spookagtige ligstrepe oor die rukkende, dansende paartjies op die dansvloer trek. Pieter gaan bestel dadelik vir hulle drankies, shooters, wat met een teug geledig word.

Na twee rondtes shooters sien sy hom skielik in die deur staan. Sy herken hom dadelik en wink vir hom. Hy herken haar ook dadelik en kom sluit by hulle aan. Na die bekendstelling bestel hy dadelik vir hulle nog drank en is dit terwyl hulle vir hulle bestelling wag wat sy en Paul dansvloer toe beweeg. Die drank in haar begin sy werk doen en die adrenalien begin deur haar are vloei as sy haar oorgee aan die flitsende ligte en die maat van die musiek. Die hele aand betaal hy vir hulle en Catherine ervaar n opwinding wat sy nog nooit ervaar het nie. Hierdie opwinding word nog verder aangehelp deur die drank wat sy bedwelmende invloed nou deeglik laat geld

Drie uur die oggend besluit Paul om te ry. Toe Catherine saam met hom motor toe stap neem hulle afskeid van mekaar met n warm passievolle soen wat Catherine met n vreemde hunkering en sensasie vul wat sy nog nooit ervaar het nie. Soos gewoonlik gaan slaap hulle by Rita, wat saam met haar pa wat, n vragmotor bestuurder by Boerevervoer is, oor.

Hy is n wewenaar en min by die huis, die gevolg is dat Rita redelik op haar eie aangewys is en in die begin was dit hulle kuierplek voordat hulle na kuierplekke toe begin uitwyk het.

Dit is net na nege wat Pieter haar by Rita kom haal en by die huis aflaai. Haar ouers is kerk toe en sien haar dus nie inkom nie. Sy kan voel sy het heeltemal te veel gedrink en is haar kop vanmore baie swaarder as gewoonlik. Sy gaan klim weer dadelik in die bed en raak weer aan die slaap.

Antoinette raak eers bekommerd oor haar toe sy nie vir middagete aansit nie maar los haar. Drie uur besluit sy om te gaan kyk wat met Catherine aangaan en kry haar slapend in haar bed met haar klere nog aan. Eers dink Antionette sy verbeel haar, maar toe sy buk is die effense reuk onmiskenbaar daar, daar is n drankreuk.

Antionette is absoluut geskok en besluit net daar en dan dat sy en Catherine n moeder tot dogter geprek moet hê. Sy besef dat Catherine alreeds sewentien is maar daar is ook perke in haar onafhanklikheid wat sy nou blykbaar besig is om te misbruik.

Antoinette staan nog vir Catherine en kyk toe sy wakker word en haar ma voor die bed sien staan. Sy vlieg vervaard op en dan sien sy dat dit al oor drie is, sy het haarself hopeloos verslaap en sy kan duidelik die vrae op haar ma se gesig sien.

Sy skrik toe haar ma haar vra: “ Waar was jy verlede nag? Jy ruik na drank Catherine en jy beter uitkom met die waarheid. Jy was natuurlik saam met jou viendinne op n kuierplek en jy weet jy is minderjarig en mag nie op die plekke kom nie”.

Catherine weet nie wat om te sê nie maar kom weg met die verskoning dat hulle wel gedrink het, maar dat dit by Rita hulle se huis was. Na n groot sedepreek waarin sy gewys word op die gevare van drankmisbruik los haar ma haar en praat nie verder nie. Toe sy die kamer verlaat slaak Catherine n sug van verligting en besluit om dadelik te gaan stort en haar hare te was. Dit gaan haar n rukkie dinktyd gee om n goeie verskonig uit te dink want sy weet haar ma gaan haar pa nou vertel en hy gaan haar ook beetkry.

Antoinette het intussen met haar pa gaan praat en word Catherine ingeroep vir n vader tot dogter gesprek nadat sy klaar gestort het. Haar pa is dadelik op haar en vertel haar dat hy geskok en teleurgesteld is in haar. Hy het dit nie van haar verwag nie en sy moet na haar broer en suster kyk en hulle voorbeeld nastreef. Hy vra haar hoekom is sy nie soos hulle nie, wat is dan verkeerd dat sy so hande uitruk en nooit op n Saterdagaand by die huis is nie. Sy bly hom n antwoord skuldig.

Dit is Vrydag wat sy hoor dat haar pa en ma die volgende naweek die hele naweek nie by die huis gaan wees nie. Die firma by wie hulle voorhakers gekoop het het besluit om hulle uit te nooi om saam met hulle verkoops bestuurder n naweek by n casino deur te bring. Japie is ook genooi en vra haar ma of sy alleen die naweek by die huis sal bly want hulle gaan die Vrydagmiddag al en gaan eers Sondag terug wees.

Sy kan haar ore nie glo nie, uiteindelik breek die geleentheid waarvoor sy en Paul gewag het aan. Dit kan net hemels wees om n volle naweek saam met hom alleen deur te bring. Sy verseker haar ouers dat sy alleen sal regkom, hulle hoef nie bekommerd te wees nie en sal sy Annetjie vra om die naweek by haar te kom deurbring. Dan kan hulle saam studeer vir die komende eksamen, al is die eksamen nog n hele twee maande ver.

Opgewonde vertel Catherine haar vriendinne by die skool van die naweek wat voorlê en Vrydag neem een van die matriekdogters haar bietjie onderhande en verneem of sy nie dalk sal belangstel om iets te koop wat bietjie skop in die naweek sal sit nie. Catherine verstaan nie mooi wat die meisie bedoel nie maar toe die meisie mooi vir haar verduidelik dat dit net n onskadelike opkikkermiddel is stem Catherine tog in om van die wit pille te koop. Die matriekdogter, Riana Burger, verseker haar dat dit nie n verdowings middel is nie en glo Catherine haar op die einde, min wetende dat Riana n “trafficer” is en in Catherine n potensiële kliënt sien.

Riana is een van die meisies wat ook gereeld op die kuierplekke is en ken Catherine haar goed. Catherine het al gesien dat van die meisies en die seuns op die kuierplekke gedurig by Riana is maar het haar nog nooit daaraan gesteur nie.

Pouse glip hulle gou toilet toe en verkoop Riana die tablette aan Catherine. Sy verduidelik aan Catherine dat sy dit in n poeiervorm moet fynmaal en dan saam met n energiedrankie moet drink. Onder geen omstandighede moet sy dit saam met n gas koeldrank drink nie want die gas in die koeldrank sal die effek teenwerk en dus die skop uit die opkikkermiddel uithaal.

Met die transaksie beklink steek Catherine die pille sorgvuldig in haar bra weg tot sy by die huis kan kom. Sy weet nie dat sy so pas mandrax by Riana gekoop het nie en dat dit die begin van die pad van haar dwelmhel is nie. Sy het so pas n slagoffer van die pad van hel van mandrax geword wat nie by mandrax gaan eindig nie.

Paul het sy smse keurig bewoord maar wek dit seksuele drange in Catherine op en sterk dit die begeerte in haar om haar liggaam ook vir Paul te gee oor die naweek. Alhoewel sy skaam is glo sy dat die poeier haar hieroor gaan help as sy dit drink.

Paul Verhoef het sy voorbereidingswerk deur die week deeglik gedoen om seker te maak dat hy die naweek in sy doel sal slaag om Catherine te verower. Die smse waarin hy haar verseker van sy liefde het op haar neer gereën deur die week. Die fyn bewoording van sy smse het verlangens en hunkeringe in haar opgewerk en het sy al meer utlokkend op sy uitlokkende smse gereageer en teen Donderdag het Paul Verhoef geglimlag toe hy die sms van haar kry wat sê: “My liggaam en my hele mens wees hunker om aan jou te behoort. My liefde vir jou dryf my om ten volle aan jou te behoort.

Donderdagaand drink Catherine n bietjie van die poeier en sweef sy weg in n droomland waarin sy ten volle aan Paul behoort. Sy is tevrede dat die opkikkermiddel in sy doel sal beantwoord Vrydagaand. Sy sal sorg dat Paul ook van die opkikkermiddel inkry deur n slag aan te bied om vir hulle drankies in te gooi en dit dan ongesiens in sy drank te gooi sodat hy saam met haar energie kan opbou.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak