Jongste aktiwiteit:

Skeepswrak Transformasie

Tussen erosie roes metaalskerf
van eens reuse, trots vegskip –
het haar verlange vasgekleef
tussen vaal seewier en koraal,
was haar drome vasgeweef

In die oopbek splinter skatkis
tussen edelsteen en munte –
het toeka se skitter pêrels
aan flenterstring goudketting
leweloos, net daar gehang

Soos verweerde skeepsanker
begrawe in soutsee sand –
is haar hart se binnekant
deur seerower van liefde
aan diep wraksee verpand

Maar op die kanteldek
langs die skip se stuur –
hang stringe vol oesters
waar pêrels transformeer
wagtend op die goue uur




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed