Sy Laaste Brief Aan My …
“Knock, knock” daar is ‘n harde klop aan my deur, wie kan dit wees so vroeg in die oggend? Miskien my pa, Lenie se pa, wat sal pa tog die tyd van die oggend hier kom soek?
Dalk ‘n bietjie suiker of iets leen, ag wie dit ook al is ek gaan maak nou dadelik oop, nadat ek oop gemaak het is ek geskok, dis die posman.
“Dagsê Lenie, hoe gaan dit?” vra die posman vriendelik.
“Hallo Louwtjie, dit gaan goed en met jou, watse pos sal ek dan nou kry?” antwoord ek terug.
“Nee ek weet nie Lenie, hier staan nie van wie af dit is nie maar dat dit privaat is, en net deur jou gelees mag word, so hierso Lenie, dis nogal ‘n pienke, miskien ‘n geheime bewonderaar.” Ek kon my ore nie glo nie, dat die nege en twintig jarige mannetjie nou so katools met my kan praat, genade ek is vyf en veertig, amper twintig jaar ouer as hy, maar ek sal liefs nie sê hoe oud ek is nie, dalk dink hy ek is jonger as wat ek weet ek is.
“Dis regso dankie Louwtjie, ja dis goed dat dit die privaat teken op het, anders het jy lankal geloer neh?” Mens moet darem kwaai wees met die jongmense van vandag, hulle word heeltemal te vinnig te groot vir hulle skoene.
“Nee, nie as dit joune is nie Lenie, ek maak nie so met vriendinne nie, veral nie met jou nie, nooit nie” belowe Louwtjie.
“Dit is goed, maar maak nie saak wie sin dit is nie jy mag dit nooit oopmaak nie, dit is dan jou plig as posman om dit te bewaar terwyl dit onder jou toesig is, ek moet nou eers gaan, my beste vriendin, Janita is hier binne, en soos jy sien, sy is besig om my hare te doen, ons gesels weer” jok ek sodat ek vinnig vir hom kan ontslae raak, ek gee nie om met Louwtjie te gesels nie, ek en hy is goeie vriende, maar hy sal vir ure hier staan ek gesels as mens hom toelaat, en ek is rêrig haastig want ek moet gaan stort, ek kry nou nou my pa by die Wimpy in die dorp, ons gaan gesels oor die trust van my ma, en wie dit familie besigheid gaan oorvat want pa wil aftree.
“Dis reg ek maak so Lenie, ja ek het ook nog baie pos om af te lewer so ek moet ook in die pad val, lekker dag !” sê Louwtjie met ‘n halwe hartseer stem.
**********************
Vinnig en nuuskierig maak ek die deur agter my toe en die pienk brief oop, vooraan staan “Mooie liefste Lenie” nou maak ek vinnig die hele brief oop om te lees want die nuuskierigheid pak my omtrent nou al die heeltyd wat ek met Louwtjie staan en gesels het, ek het in elk geval vir die Huisgenoot “pasmaats” geskryf, dalk het die brief iets daarmee te doen, die res van die brief lees soos volg. Ah ha! Ek het dit geweet.
“Ek het in die Huisgenoot gesien jy het vir “pasmaats” geskryf, en ek het gelees jy soek jou pasmaat, toe ek sien wat jy alles in ‘n man soek toe gryp ek dadelik ‘n pen en papier en skryf hierdie brief vir jou, ek weet jy is deur baie seer maar toe ek lees wat jy alles in jou lewensmaat soek toe kry ek sulke goeie gevoel in my binneste, dit is hoekom ek dadelik hierdie brief begin skryf het, ek weet dit gaan nou dalk klink of ek(ons) te vinnig beweeg maar ek is Vrydag in Vereeniging toe het ek gedink terwyl ek besigheid daar handhaf…. Ai, ek het gewonder of ek jou sommer dan kan ontmoet, want dit is dan jou tuisdorp, en dit is waar jy nou bly, jy klink vir my na ‘n baie oulike vroutjie en ek wil jou graag persoonlik leer ken, dit is reg as ons net eers vriende is, ek glo eintlik daarin. So as jy dalk besluit jy sal graag wil ontmoet laat weet my gerus op hierdie nommer 079 658 4556, ek sien baie daarna uit om van jou te hoor, as jy besluit jy wil nie ontmoet nie dan hoef jy my nie te bel of iets nie, dan sal ek dit so aanvaar en dit respekteer.
Baie liefde,
Jan wat kan.
*****************************
Nadat ek dié brief gelees het was ek eintlik geskok, maar heeldag wonder ek of ek hom wel moet bel, of wat? Dit is al amper vyf jaar wat my man oorlede is en ek mag seker
nou al teen hierdie tyd ander mans ontmoet, ek soek graag weer liefde. Dit is Donderdag aand nege uur, die vergadering met my pa het goed afgeloop vandag en my ousus gaan de besigheid oorvat, maar die ander kwessie waaroor ek dadelik moet besluit voor die man gaan slaap is, moet ek vir Jan bel of nie? Teen half tien besluit ek om die kans te vat en ek bel hom, hy is immers môre hier in Vereeniging en dit sal baie nice wees om iemand anders weer te ontmoet, weer van vooraf te leer ken.
“Prrr, prrr…” die foon lui net en hy skakel na paar minute oor na “voicemail” toe. Vyf minute later toe probeer ek weer.
“Prrr…prrr…” hierdie keer tel iemand op.
“Hallo Rita wat praat, Jan se foon.” Toe ek hoor dis ‘n vrou weet ek nie wat om te verwag nie. Is dit dalk sy vrou? Is hy toe al die tyd getrouden wou ent met my rondspeel? Maar ek besluit tog toe om terug te antwoord.
“Hi uhm, ek is Lenie, Jan het vir my ‘n brief gaan skryf, toe bel ek hom?” vra ek, waag ek om dit te sê, wie weet dalk praat ek met sy vrou?
“Naand Lenie, ek is sy sekretaresse, ek gaan roep hom gou.”
“Sekretaresse?” dink ek by myself.
“Is hy dan die tyd van die aand nog op kantoor? dink ek weer, dan is hy baie hardwerkend toe antwoord ‘n man met ‘n mooi growwe diep stem die foon.
“Hallo dis Jan” antwoord hy.
“Hi Jan, Lenie hier, gaan dit goed?” vra ek senuwee-agtig.
“Uitstekend nou dat ek van jou hoor, ek het begin dink jy gaan glad nie bel nie!” Vra hy my nou of sê hy my.
“Haha, dit was moeilike besluit, maar hopelik die regte een neh?”
“Ja nee beslis, ek ontmoet jou môre oggend nege uur by die Wimpy in die dorp, regso met jou?” sê Jan wat kan.
“DIs doodreg ja, hulle ken my al daar, haha, dit is waar ons familie al ons vergaderings ook hou !” antwoord ek trots?
” O okay gaaf, sien jou dan daar, askies ek sou graag meer wou gesels, maar ek wrk laat omrede ek alles regkry vir more se besigheid vergaderings in Vereeniging, so ek sien jou dan more dan gesels ons lekker en leer mekaar ken” sê-vra Jan.
“Dis regso, sterkte daar, lekker aand” ons sê totsiens en die volgende oggend nege uur ontmoet ek hom by die Wimpy.
*******************
Nadat ek hom ontmoet het was ek nogal baie beindruk, ons het besluit om sommer telefonies te kommunikeer anders kom daar te veel briewe by sy werk aan,
baie gawe ordenliek, goed gemanierde knaap, en nog stewig sexy gebou ook, ek sal graag met hom ‘n verhouding wil hê…dalk trou? Maar ek gaan dinge nie te vinnig vat nie,
ek gaan dit stadig vat en elke oomblik geniet, ‘n wee later op die Vrydag ‘n week nadat ek hom ontmoet het kom Louwtjie weer by my aan met ‘n pienk brief, ek het maar aangeneem dit is Jan, maar gewonder hoekom sal hy ‘n brief stuur as ons dan ooreen gestem het om via whatsapp en so te gesels, nadat ek en Louwtjie ‘n half uur staan en gesels het, en ek hom vertel het van Jan, en hy ons net die beste toegewens het, sê Louwtjie hy moet rêrig nou klaa rpos aflewer en ons groete en hy gaan werk verder.
************************
Toe ek binne die huis kom gaan sit ek lekker en ontspan, terwyl ek so lekker sit, maak ek sommer die brief oop en lees hom. “Twee vlieë met een klap” dink ek by myself, toe ek die brief oopmaak is daar eers voor die brief ‘n prentjie met ‘n gebreekte hartjie vooraan, die trane begin klaar deur my oë kom, ek sluk die knop in my keel weg en veë die trane af voor dit
te veel raak om te hanteer, die hartjie beteken tien teen een niks, en toe ek die brief lees, toe kry ek die groot skok, dit lees soos volg. “Liefste mooiste Lenie, ek skryf hierdie brief om een rede, ek hoop dat as jy heeltemal klaar gelees het jy my sal vergewe, ek moet ongelukkig ons verhouding beëindig, want ek is getroud met ‘n wonderlike vrou genaamd Rita, ek weet ek moes jou vroeër gesê het maar ek is rerig jammer, nadat ek jou laas week ontmoet het en besef het hoe wondelrike vrou jy ook is toe moes ek net hierdie brief skryf want so ‘n great mens soos jy verdien nie die seer wat oppad sou wees nie, ek hoop dat jy verstaan en ek wil graag nog vriende met jou wees, ek hoop dat jy my eendag sal vergewe, ek sou graag jou in persoon wou vertel maar ek is baie besig….soos jy weet.. Baie liefde, Jan wat nie meer kan nie ….”
Die trane stort lankal reeds af my wange soos ‘n waterval , te veel om te keer, ek probeer dit afveë maar dit is te veel, ek gee nou op, op liefde !
…………………….Die einde……………………..
©TDeVosBotha
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.