DIE WIT KAMER
DIE WIT KAMER
(Nie Vir Sensitiewe Lesers Nie!)
Die mure is wit; als is wit – die wit is te veel, te sereen; skep ‘n illusie van engelvlerke wat ‘n donkerte, ‘n makabere iets probeer laat wegverloor binne-in die te veel wit…Op die smal bed lê ‘n meisie van so om en by 14jaar; per dalks ‘n kleinbietjie jonger. Die wye mond wat altyd vrolik kon lag nou net ‘n dun, bewende lyn. Die groot oë oopgesper teen die wit plafon vasgespyker. Haar jong hande in ‘n weerlose beweging oor haar geswole buik geskilder; beweginloos geskets bo-oor die amper katedraal van haar nog ontluikende vrouweesgemaak. So onbewustelik oorbewus van die asem; die lewe wat die passie van ‘n Ander Kunstenaar besig is om te vorm en te plet binne-in die geheime binnekamer van daai amper katedraal…Die kunswerk al amper kestamper 8cm lank en hy kan al sluk en urineer. Binnekort gaan sy fingerafdrukke verskyn. Hy kan al refleksief reageer as daar op die baarmoeder gedruk word. Vuisies maak al oop en toe; en hy asem al in en uit – in en uit.
n Man kom vinnig, argeloos die te wit kamer ingestap – sy groen klere ‘n byna skokkende antiklimaks teen die klimaks van die kamer se helemal te veel wit. Amper arrogant en selfversekerd begin hy werskaf met instrumente; nes ‘n goed geoefende sportman wat presies weet wat om te doen vir nog ‘n xtra borgskap; nog n bietjie meer roem…Skielik loei ‘n polisiesirene straat-af; bande skreeu hard en deurdringend. Maar nie die meisie of die man in groen knip ‘n oog nie. En dis ook nie nodig nie. Aborsie is wettig in SuidAfrika en enige meisie van die ouderdom van 12 hoef nie haar ouers se toestemming te he om haar kind te vermoor nie; so hier’s geen skuld en geen verhoor nie. Dis so gewoon en onskuldig soos Wilson toffies koop. Dan. Dan begin die prosedure… ‘n Sterk suigbuis word word deur die serfiks tot in die baarmoeder gedruk. Soos n kragtige stofsuier begin dit; die plasenta word van die uteris geskeur; dan word die ongebore baba vermink – in stukkies gesny en die stukkies word opgevang in ‘n aangehegte houer…Die kind kerm; skreeu hardverskeurend – die einakrete weergalm tot in die Hemel; ruk byna terminaal teen die Troon vas. ‘n Traan val uit God se oë en branderbreek iewerster in die wilde wydtes van die eindelose see….O – die meisie het gesê haar naam is Maria. En die opgeskeurde seuntjie sou Jesus geheet het; nes die Hemelengel gesê het!!
….Maar net gewonder as my Hero vandag gebore moes word; maar Goddank Sy lyfie was kunstig geweef in ‘n tyd toe daar nog respek was vir die asemhaal; die lewe van ‘n kind!!!
…’n Kamer met te wit mure; ‘n dokter met skel groen klere – iewerster in die voorstad van ‘n blinkliggie-stad. Nog ‘n stemlose kind word wettig vermoor. ‘n Traan val uit God se oë en branderbreek iewerster in die wilde wydtes van die eindelose see….
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie, en wees vreeslikbaie lief vir die ene wat jy daar by jou het.
©Liza Daniells
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.