Jongste aktiwiteit:

DORSKREET

Die aarde se dorskreet breek oop in barste
die wenakker staan biddend met verskroeide kakiebos
mielies se dorskreet weergalm oor rooi sandvlaktes
bloekombos sing ‘n treurige evangelie
boombas stort na benede
in halwe traan afgeskeerde skille
tussen boom en bas lê die kontoere van nog ‘n droogte
mielies se lewens sirkel word in die saad gesmoor
trekker spore lê moedeloos in gister se drome onvervuld versmoor
@Loret Zwarts
Bronsgradering




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed