geraam (Goud)
die wolke hang skaars ‘n dagreis ver
dáár waar die slanke treurwilgers
lui swiep-en-teug
uit die dam waarlangs hul staan
en opslagboompies ‘n entjie verder
met alle mag beur
om ‘n erosiesloot te ontgroei
dáár nestel tweeling rotse langs mekaar
netjies, soos ‘n volronde boesem
en hul is soos die bome
…aardgebonde, maar vry…
want tussen hul statiese lê
en die bome se krakerige wieg is daar geen
verlore tyd om ooit in te haal nie
wanneer die skemer later skaam-skaam
‘n kelkie klink op die nad’rende nag
word dié tonele, na-betragtend beskou
netjies gedoek in die raam van my onthou
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.