Argitektuur
Gordelroos gebreek en swart tragiese huis, met niemand daarin. net fluisterings van geeste… ‘n dosyn ruite -gebreekte glas, om jou loop onkruid rankende gras my wingerdstokke afgewerk en vasgebind my gees staar deur geen venster en geen deur, in verdwaasdheid… soos ‘n hoed aan ‘n kapstok daar is niks oor; net hartseer en eensaamheid die […]
Liefjou
ek lief jou in die more as die voëls ons wakker sing ek lief jou in die purper uur van die son se laaste groet jy is vir my die knetter van ‘n kaggelvuur se gloed die vonkel in my wynglas en ‘n ietsie suikersoet ek lief jou spel met woorde as jy versies vir […]
Lykdig aan Ingrid Jonker
skitter knipoog sterretjie wink in haar hand hou sy ‘n klippie blink sy wou dit vir haar lief gaan gee nou gooi sy dit maar in die see sypel deur haar druppeltjie bloed terwyl die onrus in haar woed al wat sy hoor is die Niks wat wink helaas het sy in die see verdrink […]
Sou ek
Sou my gedagtes in afsondering treur soet metgesel van my teenwoordigheid geskeur wit-blomme, Jasmyn en breëblaar- Mirt embleme van onskuld en liefde hoe pragtige was ons geure melodieë, voetloos en wild soos voëls van die paradys hoe mooi, my geliefde jou liggaam van graniet verslaan my oë soos slagordes met vaandels jou lippe is die […]
Mams, ek verf vir jou ‘n sonneblom
Die vrou in die kiekie was jonk…. en mooi so slank en modieus vol selfvertroue, grasieus dalk was haar rok donkerrooi – of dalk net so ‘n bietjie sy was my mammalief met oë wat sag kon lag waarin kommer soms sou huiwer soos blare in ‘n storm onrustig, soekend op die grondpad as sy […]
Natuur
Lewendige intensiteit met ‘n unieke ondertoon van groen robynrooi bewustheid wink binne jou blare, dwing my om te getuig; hoe jou glans in stringe soos blinkende vingers waai my nooi om met jou te assosieer, jou te memoriseer golwe van klank navigeer die omringende atmosfeer wat my betower onsigbaar vir die oog, maar tog, kielie […]
Steenkool
Swartgoud verskuil in druppels wellus op jou tong, jou asem stof in my siel gemyn, swart jou roet in my proe verraaier’s soen wat verdoem, koolstof jou asem steenkool veragtelike soen © Marike Erasmus
Skilder my
In fluisterkwas van genade elegansie, sonder geluid van bont my vlam… net jou water kan hom blus, jou kwas, warm tussen sagte klowing borsel sagte elektriese -musikale note soos roosblomblare in die wind tart Eden se appel, kleur my sagste leer skilder my reënboog met die swiep van jou kwas, meng die reën op my […]
Kleure
Kleure speel in gedraaide gedagtes wanneer die son ontvou verby die horison glinsterende goud as hul huil sal niemand weet sonsondergang in pienk en geel selfs in die bitter koue skyn son in die donkerste siel gedraaide gedagtes fluister kleure soet onbenullig na die maan die nag sal ophou in ‘n gebreekte skoot om ‘n […]
Soen my (Sensueel – hygend van aard)
Soen my Soen my, soen my weer en meer jou lippe op myne, is goeie wyn tas my heuwels ‘n wingerd in rank proe my wingerdsap waaruit jy jou kruik vol kan tap jou reuk is suiwer parfuum ek het jou nodig ad infinitum jou omhelsings ‘n minnekoor jy het my hart getoor jou liefkosings […]