Kleure
Kleure speel in gedraaide gedagtes
wanneer die son ontvou
verby die horison
glinsterende goud
as hul huil
sal niemand weet
sonsondergang in pienk en geel
selfs in die bitter koue
skyn son in die donkerste siel
gedraaide gedagtes
fluister kleure soet
onbenullig na die maan
die nag sal ophou in ‘n
gebreekte skoot
om ‘n graf
silwer, lig en donker
kleure van die nag
gewelddadige wolke vaar deur
net soos die afsterwe
van herfs blare
geen koffie gevlekte tande
trillings en kalk- vel wat vibreer
gedraaide gedagtes
verstaan wat weerprofete sê
dit is die kleure van die lewe
wat mens vrymaak
© Marike Erasmus
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.