Soen my (Sensueel – hygend van aard)
Soen my
Soen my, soen my weer en meer
jou lippe op myne, is goeie wyn
tas my heuwels
‘n wingerd in rank
proe my wingerdsap
waaruit jy jou kruik vol kan tap
jou reuk is suiwer parfuum
ek het jou nodig ad infinitum
jou omhelsings ‘n minnekoor
jy het my hart getoor
jou liefkosings het my liggaam getooi
met die mooiste mooi
die bloed in my are
op vuur se rand
jy so mooi bruin gebrand
ek het jou lief
jy is ‘n hartedief!
©Marike Erasmus
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.