Skilder my
In fluisterkwas van genade
elegansie, sonder geluid van bont
my vlam… net jou water kan hom blus,
jou kwas, warm tussen sagte klowing
borsel sagte elektriese -musikale note
soos roosblomblare in die wind
tart Eden se appel, kleur my sagste leer
skilder my reënboog met die swiep van jou kwas,
meng die reën op my seile in kleure van heuning
jou arms soos skilde, die tas van jou vingers
tien engel pianiste
meng in die gees van my elke droom
versprei jou kleure soos die vlerke van ‘n flyer
skakerings van waarheid
wat ‘n leuenaar sou verstom
rose-kleure grasieuus, triomfantelik, en wild
asof God se winde vasgevang word
in vlugtige begrippe op ‘n pallet
van skoonheid, wat alle kleure
van die reënboog wys
© Marike Erasmus
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.