Liefjou
ek lief jou in die more
as die voëls ons wakker sing
ek lief jou in die purper uur
van die son se laaste groet
jy is vir my die knetter
van ‘n kaggelvuur se gloed
die vonkel in my wynglas
en ‘n ietsie suikersoet
ek lief jou spel met woorde
as jy versies vir my skryf
jou vermoë om gelate
met jouself die spot te dryf
maar die meeste lief ek jou
as jy vóór die oggenddou
my in jou arms toe kom vou,
‘n kosbare geskenk net aan jou
Estelle Rubow
14/02/2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.