Jongste aktiwiteit:

KERSFEES IN STALINGRAD 1942

Kersfees is en was nog altyd n feestyd waarin die Verlosser en Messias van ons sondige mense se geboorte oor die wëreld heen herdenk word.

As mens kyk na die miljoene Christene oor die wêreld heen kom die vraag by mens op hoeveel van hulle gedenk nog werklik die geboorte van Christus soos dit hoort.

Daar is wel die huisgesinne wat dit gedenk soos dit hoort en ons paaie is baie besig met families wat na mekaar toe reis om die tyd saam deur te bring en dit is wonderlik.

Daar is egter ook die tragiese kant van hordes vir wie dit n tyd van suip en brassery is. Ek wonder baie keer as Christus skielik in hulle midde moet staan waar hulle sal gaan wegkruip want daar gaan nie wegkruipplek weees nie.

Dat Kersfeestyd egter op almal se lewe n invloed het kan niemand betwis nie en dan begin mens besef hoe kragtig die Kersboodskap werklik is.

Om dit te illustreer wil ek u terugneem na 1942 in Stalingrad, in die hart van Rusland. Hierdie verhaal kom uit Heinz Konsalik se boek: “Die Hart van die Sesde leër” maar is op werklike feite gebaseer.

Stalingrad was die omdraaipunt vir die Duitse sesde leër en die hele Duitse Oos front in die tweede wêreld oorlog. Om by ons Kersverhaal te kom is dit noodsaaklik dat ons bietjie agtergrond kry.

Stalingrad was op daardie stadium verwoes en is daar in straatblokke en tussen ruines geveg. Die Duitse leër was besig om die stryd om Stalingrad te verloor omdat die Russiese winter hulle gevang het.

Die troepe was nie van wintersklerasie voorsien nie omdat daar nooit gedink is dat die sesde leër so sou vasval nie

Die bittere Russiese winter was te erg en in die bittere koue kon die Duitse lugmag ook nie meer die nodige voorrade inbring nie. Die onbegaanbare paaie het dit per pad net onmoontlik gemaak want die voertuie het in modder moerasse vasgeval Die stadium was bereik wat meer soldate as gevolg van die koue gesterf het as wat daar gesneuwel het.

In die hoofkartier van die Duitse bevelvoerder, Kolonel-generaal Friederich von Paulus, is die hopeloosheid van die situasie deeglik besef. Toestemmig tot oorgawe, nadat n Iltumatim van die Russiese bevelvoerder, luitenant generaal Igor Rokkosofski ontvang is is summer deur Adolf Hitler se hoofkwartier geweier.

“Die sede leër sal veg tot die laaste man en koeël” was die botaf antwoord terwyl Joseph Goebbles, die Duitse propoganda minister, oor radio Zeesen die Duitse volk bedrieg oor wat werklik in Stalingrad aan die gang is.

Dit bring ons by die Kersverhaal van 1942 in Stalingrad.

In die Duitse stellings is dit maer uitgeteerde verflenterde troepe wat die bitter koue trotseer en ten spyte van hulle haglike omstandighede, Kersfees te vier.

Hulle kersmaal bestaan uit hout wat opgekook word vir n sop en perdevleis van die perde wat van die koue omgekom het.

In die hoofkwartier van von Paulus gaan dit nie veel beter nie, voedsel voorsiening is lankal nie meer moontlik nie.

Ten spyte van hulle haglike omstandighede kom hulle bietjie tot stilstand om Kersfees te vier en huis toe te verlang. Die paar kapelane verkondig die blye boodskap aan hierdie verflenterde manne. Uit die loopgrawe en bunkers styg die tone van Stlle Nag op soos hierdie manne dit sing.

In die hoofkwartier van Rokosofski heers n stilte. Vir hulle maak Kersfees nie saak nie. Hulle is besig om die tyd af te wag om n offesief te begin om die sesde leër finaal te verpletter. Vir die Russiese Don leër is voorrade geen probleem nie. Sy soldate is beskut en beskerm teen die bittere koue met dik klerasie om die koue te weerstaan en voedsel is nie n probleem nie. In hulle stellings lê hulle gereed en wag op die bevel om die finale aanslag te begin om die sesde leër te verpletter. Vir hulle bestaan Kersfees nie.

In sy hoofkwartier staan Luitenant-generaal Igor Rokssofski vir die horlosie en kyk. Hy wag net dat die uur aanbreek wat hy beplan het om die Don leer op die Duitsers los te laat.

Die winde huil om sy bevelspos en dan is dit of hy dofweg die klanke van Stille Nag op die winde hoor aankom.

Iets roer in Rokkosofski en gaan sy gedagtes terug na sy kinderdae. Die beeld wat by hom opkom is die van sy ou moeder wat een maal n jaar n ikoon uit sy veilige bêreplek gehaal het. Dan het sy die ikoon op haar bed neergesit waar sy op haar knieë voor die bed gaan staan het met die ikoon in haar hande. Dit was wanneer sy vir haar man en haar kinders gbid het dat God hulle mag bewaar.

Dan gebeur die bykans onmoontlike. Rokkosofski draai om en kyk vir sy generale stafhoof: “Stel die aanval 24 uur uit. Kom ons gun hulle hulle Kersfees want vir baie van daardie arme drommels sal dit hulle laaste Kersfees op aarde wees”.

Vir baie was dit hulle laaste Kersfees. Die volgende aand het die Don leër met sy offensief begin wat die sesde leër uiteindelik eers op 2 Februarie 1943 tot oorgawe gedwing het

Mag hierdie verhaal ons almal onder diepe besef bring wat n wonderlike voorreg ons het om Kersfees te kan vier. Laat ons Kersfees in die regte gesindheid vier hierdie jaar want dit mag dalk vir van ons ook die laaste Kersfees wees. Vir baie is dit ook die laaste Kersfees wat voor volgende Kersfees na hulle ewige tuiste sal gaan

Mag almal wat hierdie bydrae lees n wonderlike Kersfees hê




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak