Kronkelberg se hande
Male sonder tal, onthou ek jou
en voel die are, soos Kronkelberg
wat jou hande selfs sterker laat lyk –
hoe hulle kon vasvat
en raak-raak óók sag
die verslaenheid
agter die tralies in my oë
met jou vingerpunte raak;
waarheen het jy, ná die kluite soos hael
op die bêreboks geval het,
ver van my gaan dwaal?
Dood is ´n nare koue plek, vir my,
aan hierdie kant van jou laaste bêreplek.
Eendag sal ek óók, as ek gelukkig is,
daar kan wees waar jy nou is –
dalk herken ek jou
aan Kronkelberg se hande.
© Eduard Smith
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
wow!! Diepseer maar ongelooflik mooi!!! Groot applous!