My eie tronk (brons)
Ek voel weer te veel,
snik al dik in my keel.
Waaroor sou ek nou weer huil?
Dalk oor my aksies, so vuil.
Om te begeer is verkeerd, ek weet.
Maar wat sou ek gee,
om soos hulle te kan wees.
Gewild en “lekker mense”
vol ambisie sonder grense.
Wie sal nou van my kan hou?
Hap babbels en lyk al ewig net flou.
My stem kinderlik en soms arrogant,
met mamma en pappa kort-kort aan my hand.
Dis sekerlik hoe hulle my sien,
wat is tog nou so mooi aan my?
“Jou hartjie en sagte vel”, sou my ma vir my sê.
Is ek dalk net selfbewus,
of my gewete net getwis?
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Augustus 2024 – SKULDLAS projek