eenvoud
in die eenvoud van jou
lees ek myself opgesluit
verberg onder skimme
alleen wees gedrogte
uit jou betraande oë
drup daar jare se liefde
onbeantwoord en seer
hartseer van verlede
saam met jou in gees
sweef ek oor berge en seë
van jare se ongeërgdheid
wat halusineer
reg word verkeerd
waarheid geīgnoreer
realisme is nie meer
net eenvoudig niks
wat tel, is die één
daardie enkel kans
wat nou oorbly
en dan net jy
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.