vergifnis
my woorde was hard
jou antwoord wreed
soos ‘n gesteelde kind
in maanskyn laat huil
~
ek bid tot u o verblindende son
o heilige god
spoel my hande in melk
van ‘n skone rein maagd
genade soos om bloed
wat ‘n seun se bewende
blouerige vingers afdrup
verewig te vergewe
~
engel van liefde en engel van god
dan keer ek my na jou
hande skuld aan jou trane en pyn
jy vrygelaat om nooit terug te keer
maar ek weet en hoe kan ek vergeet
lank reeds was jou liggaam gekneus
lank reeds jou vlerke gesny
maar nie deur my
~
deur jou woorde is ek gestreel
deur jou glimlag vrolik verbly
deur jou aanraking genees
ek deur jou liefde oorwin
mooiheid saam wees hand aan hand
my hart gesteel jy jou hart geseël
sonskyn dae blydskap en drome geskenk
maar romanse was toe bloot ‘n speletjie
jou tong het my belieg jou oë bedrieg
ek verdwaal verlore verlaat versaak
berou snikkend woed ‘n trane vloed
sonde skuld bely op knieë bevry
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tom Brown
Die verhaal was lank terug dit is nie hoe ek vandag voel nie. Inteendeel, ek is sterk en vol moed.