Vir wie, en vir wie nie.
Vir wie , en vir wie nie
Sy het vroegmôre in die verbyloop
‘n broodjie kom vra en ek het
‘n lekker toebroodjie gegee, en
al meer kom na my voordeur
want die een sê vir die ander en
ek stop die baksjisj net daar want
sommige se alibi is had geen kans is
té vroeg en haastig weg by die huis – – –
Op ‘n dag kom die ou man met kierie
sukkelend verby en ek staan in die
voortuin, hy stop en vra asb ‘n broodjie – – –
Ek weier vererg, kan ‘n mens dan nie
eens in vrede bietjie buite staan nie – – –
Hy stap woordeloos aan en ek draai om
en kyk hom agterna en ‘n groot jammerte
oorval my skielik en ek roep hom terug
en sê wag net ‘n rukkie, ek kom nou – – –
Ek maak ‘n paar snye heerlike toebroodjies
wat hy dankbaar bakhand ontvang en ek
kyk hom agterna hoe hy kruppel op sy kierie
leun en byna dadelik honger amper gulsig eet – – –
Ek kan nie vir almal gee nie en ek dink berouvol
by myself Here, gee my asb die genade van
onderskeiding om in die toekoms te weet
vir wie, en vir wie nie, te gee – – –
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.