Jongste aktiwiteit:

My monster (brons)

Hulle noem dit die groen monster,
jou hart mag mos nie begeer.
Dit maak my wêreld donker ,
vir my voel dit soos ʼn swart monster.

My hart voel vuil
want dit wat ek graag begeer,
is nie iets waarvoor ek eintlik moet huil.

Ek sukkel om te verstaan,
jy is op ʼn moeilike rang.
My persoonlikheid kan nie by jou hang.

Ek voel en vertel,
jy sien en hou verby.
Ek weet ek is soms te veel,
maar hoe anders?
Ons band is nie meer heel.

Ouderdom is dalk ook ʼn rede,
steeds soek jy raad by my mede lede.
Asseblief, vertel my wat ek doen?
My emosies beïnvloed al my roem.

My probeer slagte is, min maar uit woede.
Oorweeg dit al om net op te gee.
Met ʼn seer hart raak ek skaars,
ek is moeg vir ons onnodige raas.

Onthou net ek sal altyd wag,
wag vir jou en hoe ons weer hard sal lag.
Asseblief moet net nooit vergeet,
ek bly jou ouer sussie, jy weet.

My liefde vir jou sal nooit verdwyn
daarom vermy ek om jou verder te pyn.
Dienks, ek is altyd hier,
maar ek gaan hierdie monster moet verniel.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak