vandag
soos braaklande
lê my gedagtes vanoggend
wag steeds vir die seisoenale reën
koue winde waai sandstorms op
dra wolke goeie grond weg
sodra die skaar
diep in die grond inploeg
wriemelende erdwurms uitpeuel
sal rooi huttengrond se reuk
my neusgate prikkel
soos grond
is my gedagtes lewendig
lewegewende groeimedium
vir die goeie van elke dag
sistemiese gif vir onreg
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.