Ek wens ek kon
Ek wens ek kon jou stem nog hoor en voel hoe jou arms perfek om my vou
Ek wens ek kon my hand in joune sien en weet ons beloftes gaan vir jare staan
Ek wens ek kon weer in jou oë verdwaal en voel hoe my siel onder jou sambreel gaan sit
Ek wens ek het daai laaste gesprek langer laat aanhou, nog ‘n vraag ingewerk of bloot ‘n soen gesteel
Ek wens ek het jou nog langs my gevoel sodat ons vir oulaas saam kon bid
My lief, my amper man ek weet God hou jou veilig tot ek eendag weer jou hand vashou…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.