Jongste aktiwiteit:

My Suid-Afrika

My land het wye vlaktes
met grasvelde en bosveldbos,
waar miershope toring
en akasia hul vervies
vir bobbejaan se roep.

Wanneer Transvaal, gevul
met stad en dorp-
van Alldays en Zeerust
tot Komatipoort-
langs kosbaar Kruger’tuin,
my lei oor helder Vaalrivier
na goeie Vrystaat, nog Oranje,
kuier ek in mielielande
en stadsale en kerke-
honderd jaar gelede
met rou sandsteen gebou.

Kaalvoet oor die Drakensberg
hoef ek nie aan te durf,
al sneeu Van Reenenspas dae lank toe
sal ek nog Durban haal.
By Bloukrans en Bloedrivier
vertoef ek ‘n wyle,
my hoof gebuig,
vetrek dan na die suide
tot oor die Visrivier.

Al langs die kus
daar wandel ek
by Knysnabos verby,
die water baie kouer
as langs die suidooskus te kry.
Op Tafelberg verkyk ek my
die wye wêreld oor;
verbeel ek my ek sien
verby die suid se sneeuwit pool.
Tussen Karoo en Weskus
kan ek nie besluit
waar, teen nagfluweel,
die meeste sterre wys.

Langs die Groot Gariep
se bruisende oranje water
pluk ek ’n tros sultana,
teug aan ’n glasie wyn
en verlustig my in die vroegaandlug
na die middag se veertig grade-plus.
Waar gemsbok wei
en springbok die Kalahari
met hul pronk versier,
sluit ek my oë
en dank die Heer
vir voorreg-vreugde
in my Suid-Afrika.

©adéle




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed