Jongste aktiwiteit:

2 Die digter en sy of haar gedigte
vir

2 Die digter en sy of haar gedigte

2 Die digter en sy of haar gedigte

Daar’s ‘n ding wat my pla vandat ek my eerste gedigte op die Woes web werf gepubliseer het en dis dat mense gedigte as eie ervarings, mens se omstandighede en eie mens wees beskou waar dit onafhanklike kunswerke is. Mense het goeie intensies en daarom is hierdie skrywe nie negatief bedoel nie.

Ek glo dat ‘n digter onafhanklik van sy of haar gedigte staan en dat elke gedig op sy eie bene staan. Dat mens moet kyk na hoe ‘n gedig is, nou dat dit geskryf is.

Mens kan raad gee, wat ek baie waardeer want ons almal slyp maar gedurig aan ons vermoeëns, maar gedigte is eintlik kunswerke wat mens uitstal.

Moontlik gaan daar eie indrukke of deel van ‘n digter se mens wees in van sy of haar gedigte teenwoordig wees. Daar is liefdes gedigte wat ek aan my liefling skryf en met tye publiseer, maar die digter is ‘n eie spesie. Iemand wat enige een kan wees of in enige situasie kan skryf, wat glad nie te make het met die omstandighede van die digter en wie en wat die digter werklik is.

Soms is die spreker in ‘n gedig ‘n Mongool wat ‘n Mongoolse lewenswyse uitdruk, ‘n man wat nie ‘n meisie kan kry nie, die man wat net sy vingers klap en al die meisies het of wat ook al die skrywer hom of haarself in uitleef wat werklik onafhanklik is van hoe die skrywer dink, voel en werklik is.

Vir my is die web werf nie ‘n plek vir belydenis of om simpatie te kry en soek nie, of slegs waar daar vriende is nie. Dit is hoofsaaklik ‘n plek waar ek gedigte publiseer met die hoop dat my gedigte vir iemand iets kan beteken of dat iemand my werk sal raaksien en waardeer.

Ek wil natuurlik weet wat mense van my skrywes dink en stel opinies, kommentaar en raad altyd hoog op prys.

My opinie is dat ‘n grootse skrywer van die reg het om enige stof te gebruik in sy of haar gedigte. Hier sal baie mense sweer sekerlik hulle eie opinie hê oor wanneer ‘n gedig, verhaal of artikel eerder pornografies as sensueel is. Nog is seks en seksualiteit van die realiteite van mens wees en die lewe. So is dit ook met afgrond situasies soos dwelm misbruik, moord, geweld en wat ook al seer maak.

Ons almal weet ook natuurlik dat ons gewoonlik van spreektaal gebruik maak tensy die gedig boektaal of meer formele taal self vereis, soos byvoorbeeld waar ‘n regter of predikant aan die woord is. Gebruik eerder as vir wanneer, hulle in plaas van hul.

My opinie is ook dat ‘n grootse digter ‘n meester van ‘n verskeidenheid van tegnieke moet wees. Ek skryf vrye vers, maar ek skryf ook rymende gedigte. Gedigte vra na watter vorm hulle in wil wees en ook in watter taal hulle wil ontstaan. Baie van my gedigte ontstaan eers as Engelse gedigte voordat ek hulle in Afrikaans oor vertaal. Ander vertaal ek weer van Afrikaans na Engels.

In die verlede was ons dalk te behep met die Afrikaanse digkuns, dat ons dit behoue wou laat bly en afgeperk het van gedigte van ander tale. Ek lees goeie Afrikaanse digters se werke, maar ek voel dat ek eerder by digters soos W.H. Auden, Yahuda Amichai, Wilfred Owen, Pablo Neruda (en die lys is baie lank) wil leer. Elke week werk ek deur die gedigte van ten minste een of twee groot digters om daar inspirasie, tegnieke en idees te kry. Ek lees selfs die werke van Nederlandse digters soos Gerrit Komrij, Jean Pierre Rawie en Rudy Kousbroek

Deesdae probeer ek die Franse rondeel vorm, waarvan daar weinig gedigte in Afrikaans bestaan omdat dit ‘n baie moeilike digvorm is. Ek skryf gedigte of verskeie redes as rondele, maar ook om my digters vaardighede te toets en te probeer bepaal hoe vêr ek in my digkuns gevorder het.

Elkeen is geregtig op sy of haar eie idees en daar’s selfs mense wat vrye vers beskou as dekonstruksie, wat vorm en proses weg laat om gedagtes onbevange te verwoord. Vrye vers word deur hierdie denkers eerder gesien as pragtige prosa, maar hiermee verskil ek hemelsbreed. Vrye vers is poësie. Dis netsowel as wat mens abstrakte skildery of die werk van Picasso nie as skilderkuns beskou nie.

Soos ek reeds gesê het sien ek vrye vers as een van ‘n digter se skryf tegnieke en het dit vir my netso ‘n plek soos rymende gedigte. Vrye vers maak van halfrym en oorlooprym en binnerym gebruik. Vrye vers het ook ritme, nes rymende gedigte. Snaaks genoeg het ek persoonlik gevind dat die gebruik van vrye vers, my rym vermoeëns ook heelwat verbeter het.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed