Oplossing?
koolsuur rooi veld
is skurf
sianied gebrand
die pomp stasie lek
stort suurwater stroom
onbeperk in watervoor
nou ń stinkende sloot
ghoeroekoppe knik
om blink skoon rooitafels
ń herhaling van vorige dataverslae
die agenda bevat geen
oorsaak gevolge voorstelle
geen besluit is
al besluit
toe gedraai
in stinkende oorsake is
verrykte armoede die gevolge
die hoëveld lê ouerloos
in rooi bruin
suurdoeke
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.