Poort van die heuningbye – Hoofstuk 11
Poort van die Heuning Bye (11)
Brain Mc Clachlan sit agter die taaibosse. Hy is moedeloos, sy perd se poot is seer en hyself
is hopeloos verdwaal hy het geen idee waar hy homself bevind nie. Als kind is hy reeds
rigtingloos. Sy Moeder moes dikwels vir hom ‘n tekening maak as hy iewers in Edinburg,
die stad in Skotland waar hy opgroei heen moes gaan.
Sy vader is ‘n mediese praktisyn met ‘n eie praktyk in Edenburg en sy moeder is ‘n
tekenaar by ‘n bekende Argitekte Firma. Die Mc Clachlans het drie kinders, twee seuns en
een dogter, Brain is die oudste en het na sy Matriek Siviele Ingenieurswese gaan studeer
aan die universiteit van Edinburgh. Hy moes egter na sy studie twee jaar militêre
diensplig doen en was na Suid-Afrika gestuur om oorgange te bou oor riviere. Hy is nie ʼn
soldaat op die slagveld nie.
Die oorlog is vir hom een groot ellende! waarom moet Die Engelse so gulsig wees.
Steeds moet hulle meer en meer. Die verwoesting die hy aanskou soms laat sy maag op ‘n
knop trek en met moeite moet hy sy braaksel in hou. Skotte het geen liefde vir die
Engelse ondanks die feit dat hulle so genaamd deel uitmaak van die Britse Gemenebes van
Nasies. Sedert die tyd toe die Britte hulle koningin Mary Koningin Van Skotland onthoof
het. Die Skotte openbaar alleenlik toleransie teenoor die Engelse en niks meer nie.
By die groot huis het Brain water gevind vir die perd en weiding . Hy eet reeds drie
dae rantsoene miskien verander dit nou, want vanuit die vallei tussen die groot kranse en
die groot bome het ‘n jong seun verskyn die is besig om heuning uit te haal. Sodra die seun
weer vertrek gaan hy hom volg op ‘n afstand. Hy het geen ander keuse nie.
Tilda het die emmers opgevul met heuning en sy hang die emmers weerskante van
die donkie. Onderlangs loer sy na die sag proesende perd en ruiter agter die taaibosse sy
neem die leisels van die donkie en stap aan na die poort. Die bye zoem, zoem voor die
krans se bek sy hoor dit nie meer nie dit is deel van die Heuning oes,. Wat sy wel hoor is dat
die perd en die Engelsman vlakby die poort se ingang is, die perd het pyn in die poot. Sy
kan dit hoor sodra hy sy poot neer sit dan proes hy heel sag.
Die voetpad is erg smal. Die afgrond winkende aan die een kant is diep, so diep dat
indien iemand daar afval is hy gelyk dood.
Brain hou die perd se leisels kort maar die dier is senuweagtig en hy gly steeds na vore en
dan moet hy probeer om die dier terug te hou. Hy self loop glyerige na benede. Die jong
seun voor hom kyk nie om nie hy loop gemaklik voort op die smal gevaarlike voetpad.
Tilda weet dat die Kakie haar volg. Sy hoor as hy sag praat met die beangste perd.
Sy kyk nie om nie en loop gewoon asof sy totaal onbewus is van sy alomteenwoordigheid.
Ag.! Liewe Heer, as ek die elmboog bereik maak seker dat hy nie langs my kom loop
met sy perd nie, Here, vandag sal U ons moet bystaan hier in die vallei want ons weet nie
wat hierdie man soek nie.
Hulle bereik die elmboog waar die voetpad wyd is en die afstand nie meer so ver
van die huis is nie.
Brain besluit hy sal agter die seun bly loop tot waar daar ‘n woning is hy moet geen vrees
opwek by die seun nie.
Langs die geboude kliphuis het Kobus ‘n lang laning begroeid met bougainvilleas,
die blomme is diep rooi in kleur, in die laning is daar krippe vol voer vir die perde, pale vir
die vasmaak en sinkbaddens vol water, vanuit die laning is die kamp hek waar die donkies,
en ander perde daagliks wei.
Wanneer hulle die huis bereik wys die seun na die krippe, dat Brain die perd moet
vasmaak. Tilda maak die emmers met heuning los en tel dit af van die donkie dan klap sy
die donkie op die boud en maak die kamp hek oop en jaag hom na binne.
Tilda maak ’n beweging met haar hand dat hy na die agterdeur moet kom. Lenie het
reeds die tafel gedek en die vars plaas botter en die tuis gemaakte konfyt is reeds op die
tafel. Op die stoof kook die heuningtee in ʼn lig geel kleurige emalje kan, voor die
houtstoof buk ʼn vrou met ʼn geborduurde voorskoot aan en haal die botterbroodjies uit die
oond die reuk vul die kombuis. Sy kom orent met die bakplaat broodjies. “Tilda, wat sien
ek deur die venster! ‘n verdomde Kakie met ‘n perd wat gaan aan?”
“Stil Moeder, onthou ons is nie sy taal magtig nie. Hy sal moet teken en met hand
gebare beduie wat hy soek, Vader en Floors word as Kaapse Rebelle beskou ons moet net
beleef en onnosel voordoen. Ek gaan my verklee”
Brain kyk oor die onder deur na binne in die skemer kombuis. Die seun is in gesprek
met die vrou voor die stoof, die reuk van botterbroodjies sweef op hom af net soos ‘n
Sondag by sy ouers. Die gedekte tafel laat sy maag sing van die hongerpyne. Hy sal hom
moet bedwing om nie te gryp na die ete nie maar eet met maniere! Die seun haal die hoed
met die net af dan tuimel uit die hoed ‘n lang diep wyn rooi vlegsel, dit is geen seun nie,
maar ‘n meisie, sy kyk hom vol aan. Die sproete oor haar neus en op haar bo-lip is
tergend mooi.
Lenie steek haar hand uit na die Kakie, “Lenie Brink”. Hy neem haar hand “Brain
Mc Clachlan, dadelik weet sy hy is nie Engels nie maar Skots, sy uitspraak is diep en rond.
Sy wys dat hy die helmet moet ophang, en in die hoek van die kombuis op die tafel in die
waskom sy hande moet was en dan kom aansit.
Kobus Brink kom die kombuis binne, hy hang sy hoed aan die rak. Tilda kom van uit
die kamer sy is geklee in ‘n blou sis rok met wit kraag.
“Tilda watter stertjie het jy van bo af gebring?”
“Oom Kobus ek dink hy is ‘n verkenner, en het verdwaal maar die perd se voet is
ontstoke. Oom moet asseblief daarna kyk en ons moet nie sy taal praat nie want as hulle
huise afbrand en vrouens wegstuur mag hy die soldate hierheen lok en dan is ons verlore.”
”Dit is goed Tilda ons sal dat hy met hande en tone verduidelik wat hy hier soek.”
Word vervolg.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.