Jongste aktiwiteit:

Poort van die heuning bye – Hoofstuk 10

Poort van die Heuning Bye(H10)

Kobus was vir twee dae afwesig van die vallei. Hy het gedurende die nag vertrek deur die

poort met veel eetware. Lenie en Tilda durf nie vra waarom hy twee dae by die huis bo-op

die rant moet gaan bly nie?. Hulle wis dat dit moontlik in verband staan met hulp aan

Kommando lede.

Lenie ontvang weinig nuus van Paul en Floors, heel enkel kere ‘n verkreukelde brief.Sy

gaan elke dag op haar knieë en bid dat God-hulle moet bewaar. Sy het wel die nuus

ontvang dat Paul ‘n Veld Kornet is en Floors ‘n Verkenner onder leiding van Generaal Louis

Botha, die dien onder Kommandant Generaal Lucas Meyer in die omgewing van Colenso.

Soos die boere altyd sệ…geen nuus is goeie nuus glo sy in haar hart.

Oom Kobus kom die kombuis binne. Hhy hang sy hoed aan die rak en gaan sit langs

die kombuis tafel met sy hoof rustende na benede in sy twee hande.

“Kobus wat is dit”, vra Lenie

“Lenie, julle wil nie weet watter ellende die Britte nou op ons volk gebring het nie,

God alleen sal weet hoe dat ons uit hierdie waansin as Afrikaners ons verstand gaan behou,

ek durf julle nie eers te vertel nie maar skink die koffie dan kan ons praat”

“Tot dusver was Lord Roberts in bevel van die Britse Troepe maar Satan het die

Duiwel direk uit die Hel vry gelaat en hy is ene Horentia Kitchener, gebore in Ierland

1850. Hy het daar opleiding ontvang aan die Koninklike Militêre Kollege. Sy opdrag is

blykbaar direk van haar Majesteit Koningin Victoria of soos sy soms genoem word Drina”

“Waarom het sy hierdie man gestuur oom Kobus?”

“Tilda want De Wet en ander het ‘n gorilla stryd ontwikkel vir aanvalle en dit is

moeilik vir die Engelse om dit te breek. Kitchener se opdrag is om alle plase af te brand

sowel alle lewendehawe dood maak, en Boervrouens en kinders na Konsentrasie kampe te

stuur”

Lenie staar na Kobus in verslaenheid “Grote Genade Kobus hulle kan dit nie doen nie dit

is Volkere Moord”

“Lenie die Vrystaat is reeds plat gebrand alleenlik die Hensoppers en Verraaiers is in

vrede gelaat en die vrouens en kinders is reeds buite Bloemfontein in ‘n kamp geplaas.

Die omstandighede is verskriklik, wanneer het jy laas van Martha gehoor?”

“lank laas Kobus en sy is prooi in die hande van die Britte want Herklaas veg onder

|Kommandant Cronje. Mag Ons Liewe Heer ons behoed en bewaar Kobus.”

“Oom Kobus, waarom plaas hy die vrouens en kinders in kampe ek verstaan nie die

logika nie?”

“Tilda, hy weet om die Boere magte te breek en te laat oorgee sal alleenlik gebeur as

hy die vrouens en kinders opsluit want dan vernietig hy hulle hoop op voortplanting vir die

opbou van ‘n groter nasie”

Tilda klee haar om in die ou werk broek en hemp van Floors en sit haar Pa se hoed

op haar hoof. Die fyn gaasnet teen die steek van die bye op haar gesig knoop sy om die

hoed en maak dit onder haar ken vas. Oom Kobus het reeds die halter oor die donkie se kop

geplaas en die emmers vir die heuning hang weerskante van die donkie met haar roker, en

skraper.

Sy lei die donkie tot by die Elmboog in die voetpad daarna gaan dit heel vinnig en

loop sy op die smal gedeelte heel versigtig selfs die donkie ken al die weg hy volg haar

sonder teenstribbel.

Die bye onder die krans zoem heen en weer en die groot wilde vyeboom bedek die

Poort. Die gezoem van die bye kan enige buitestaander ‘n lewenslange vrees op die lyf jaag

net om naby die boom te kom.

Sy stoot die takke weg en lei die donkie na die oop rant. Die Taaibosse groei dig op

mekaar en die heuning korwe staan orals op die rant tussen die fynbos en die vele Protea

en rooibos tee bosse.

Die donkie raak onrustig. Tilda hoor ‘n perd proes, sy kyk onder die net deur na die

ry groot taai bosse. Tussen die blare sien sy ‘n liggaamsdeel van ‘n perd. Weereens proes

die perd heel sag. Sy wis dit is nie iemand van hierdie streek nie anders het die persoon al

lank te voorskyn gekom. Sy maak asof sy geensins bewus is van enige ander persoon of

dier rondom haar nie.Sy haal die roker uit die sak.

Sy steek die roker aan met die natron salpeter om die bye te bedwelm, sy buk na

benede maak die korf oop en trek die eerste houtraam uit, onderlangs kyk sy na die

taaibosse dan sien sy ‘n gedeelte van ‘n groen helmet. Dit is wragtag ‘n Engelsman agter die

bosse, wat sal hy soek in die Noord Kaap?.

Tilda hou die raam heuning omhoog oor die emmer en begin die heuning met die

skraper afsteek.

Wat soek die Engelsman hier op die rant?

Word vervolg.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed