Poort van die heuningbye – Hoofstuk 9
Poort van die Heuning Bye(H9)
Lenie het die huishouding van Kobus oor geneem. Sy kook vye konfyt op die houtstoof en bak
beskuit, maak droë wors en biltong vir die wis en onwis indien daar ‘n kommando lid opdaag.
Die Swaeltjie huis van Kobus is ongepleister buite en binne, maar die ruwe klippe gee ‘n
spesiale karakter aan die huis. Binne is daar selfs ‘n volledige badskamer met spoel geriewe en
aangesluit op ‘n buite put. Alles wat hy gedurende sy omswerwinge gesien het en die ‘n lewe kan
vergemaklik het hy in die woning geïnkorporeer. Hy is steeds besig om die derde slaapkamer
tussen deur sy ander werke aan te bou met ‘n deur die uitloop op die groot buite stoep met die
oorhangende druiwe priêel.
In die gang is daar ‘n lang hout kapstok met Duiker horings vir die ophang van jasse en hoede.
Familie portrette ru-weg deur Kobus self geraam hang in die gang. Op die voorstoep staan vele
riempies stoele, gaste kan ‘n stoel neem, oopvou en gaan sit om die pragtige vallei te bewonder.
.
Tilda gaan vroeg in die oggend met die donkie omhoog na die Byneste dit is die tyd vir die
bevrugting van die Koningin, dan verskyn die Darren,(Hommels) hulle taak is om die Koningin te
bevrug sodra die bevrugting plaas gevind het, word die Darren met geweld uitgesit en gedood.
Hierdie manlike bye is veel groter as die gewone bye en Tilda moet die proses noukeurig in die
gate hou. Gewoonlik maak sy ‘n draai by die boonste groot huis om te sien of alles daar in orde is
voordat sy weer met die voetpad na onder gaan.
Kobus het vir ‘n paar jaar in Sentraal Amerika gewerk op ‘n tabak boerdery en daar geleer dat
tabak afkomstig is van die ou Spanjaarde, dit is ‘n tropiese plant, en floreer goed in warm weer, hy
boer dus met tabak langs die rivier, vir voorbereiding van die oes gaan haal hy ‘n paar werkers van
die Sending stasie en selfs Tilda moet kom help met die pluk van die blare. Dit word van onder af
gepluk ‘n swaar werk want steeds moet daar gewerk word in ‘n krom houding, in die aand is dit as
of haar rug wil afbreek. Die onderste blare is altyd eerste ryp en word volgens grote gesorteer,
gebind en in die skuur gehang om te droog.
Kobus is gelukkig dat hy nog nooit enige slymsiekte of krulsiekte in sy tabak gekry het nie, of dat die boordruspe of tabak kewertjies steeds weg gebly het met elke oes. Wanneer die blare droog
is word dit op ‘n stapel gepak om te broei, daarna word dit met die hand oop gevlek en die draaiers
maak rolle pruim tabak, dit is ‘n taai, souserige werk selfs hier moes Tilda mee help.
Die reën het dae aaneen gegiet en die rivier het met rollende bruin water massas verby die huis
en boorde gegaan dan meteens was die rivier dood -stil, die groot poele donker water wemel van
visse, die grote van ‘n volgroeide harder. Waar die visse presies vandaan kom kon selfs oom Kobus
nie verduidelik nie maar elke jaar na die groot reën word daar ‘n visvang dag gehou.
Oom Kobus het die sending stasie laat weet dat hulle die volgende dag kan kom vir die vangs.
Vanaf voordag kom mense teen die voetpad af, met emmers, sakke, en enige iets wat maar ‘n holte
het. Lenie sit gereed met die sak sout en Kobus gaan teen alle wette van die land en hy laat ‘n
lading dinamiet ontplof in die water. Die visse dryf wit pens na bo, soos duisende klein orgidee op
die water. Almal skep, vrouens steek hulle lang rokke in hulle broeke se pype. Kobus en Tilda
moet die vissies oop sny, terwyl Lenie insout en in die houtvat pak en ook bondels maak vir ophang
aan die balke van die skuur want ‘n droë vissie is net soos droë biltong. Die dag is ‘n fees vir almal,
sop en brood word bedien, laat namiddag wanneer die son sy diep skaduwees gooi onder die berg
se inhamme, gaan die sendingstasie se mense een vir een agter mekaar die berg uit, met die emmers
vis en sakke nat vis op hulle rug. Hierdie dag is altyd ‘die groot oomblik van die jaar.
Tilda wis dat Kobus voedsel verskaf aan die vegtende boere want steeds moet haar Moeder
weer bak, maar geen vegter kom onder in die vallei nie sy dink dat hy moes ‘n kode uitgewerk het
hoe dat hulle kontak kan maak. Sy vermoed dit is in die nag vanaf die kabel van bo by die plaas
want sommige oggende by ontbyt vertel hy hoe dit met die oorlog gaan maar waar kry hy die nuus
vandaan?
“Lenie, Tilda, Kruger is nie self in die veld nie, hy bedien die Generaals daagliks met leiding en die boere dra telegrafiese boodskappe oor en weer.”
“Hoe weet oom Kobus dit?”
“Tilda vra geen vrae nie dan hoor jy geen leuens nie”
Die boere hoofmag is 17000 onder bevel van Generaal Piet Cronjé. Die Britse troepe onder
Metheun het swaar verliese gely by Twee Riviere en Magers fontein en Cronjé was vasgekeer in die
loop van die Modderrivier by Vandusiedrif omgewing vlak by Perdeberg. Hulle het darem ´n paar
oorwinnings soos Stormberg op 10 Desember, en Magersfontein op 11 Desember, en dan Colenso
op 15 Desember.
“Hoeveel van ons mense het gesneuwel”
“Dit weet ek nie Tilda ons is ongeveer 58duisend Burgers teenoor die reeds 65 duisend Engelse,
steeds kom daar meer Soldate uit Engeland Die idee van twee dae teen die boere veg en dan is alles
verby het Engeland lelik in die verleentheid geplaas want daar is veel vrywilligers van Europa wie
aan die boere kant veg soos uit België, Duitsland, Ierland, Oostenryk, en selfs van Amerika,
“Maar Cronjé het homself met 4000 man oor gegee by Modder rivier omdat hy gewoon geen
advies wou aan neem nie. De Wet met sy broer en drie seuns het hom aangesluit by die Vrystaat
Kommando en hy gaan ´n Gorilla stryd aanknoop hy staan direk onder Generaal Steyn en die oorlog
gaan ´n ander Geur en Kleur kry”
Haar Moeder wil weet waarom De Wet die Oorlog kan verander?
“Lenie De Wet, hierdie boer is bekend vir Gorilla gevegte sedert jonk daar op sy plaas Leeukop,
by Smithfield sny hy spoor net soos die San mense. hy is op 19jarige ouderdom getroud en is ʼn
uitstekende perde ruiter hy het selfs met sy geliefde perd Fleur opgedaag. Hy is ʼn klein korterige
man en praat sleeptong, met donker hare, maar hy is ʼn gebore leier en tans is hy die Vise
Kommandant van die Natal Front.”
“Wie versorg sy boerdery as hy met sy seuns Oorlog voer? ”vra Oom Kobus
“Seker sy vrou en kinders, hy het agt dogters en agt seuns daar is nog vyf seuns oor op die plaas om
voort te gaan met die boerdery”
Sestien kinders arme vrou. Sy Tilda gaan geen geboorte masjien word nie. Sy wonder waar is
haar Vader en Floors, het hulle genoeg om te eet? Slaap hulle warm? Die Here sal vir hulle sorg
dit glo sy in haar hart.
Word vervolg
Bronne
Tabak, Virginia Tabak geskiedenis Amerika
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.