
Reën bring lewe
My Heer…
My hart staan nogsteeds op die kas…
ek kan nie onthou wanneer laas daar gevoel in hom was,
die stof op hom reeds dik vergaar –
juis om hom teen seer te bewaar.
My trane wil nie meer drup…
‘n leë gat daar waar die seer moet ruk,
ek glo my emosies het verstrik
en aan die wêreld se gal verstik.
Mooi woorde raak al net ‘n gewoonte
mens raak al moeg vir al die soorte,
dan vra ek weer, wat het gebeur –
ek is so uit die lewe geskeur.
My Heer…
Laat die warmte van die mooi
weer diep in my binneste ontplooi,
laat verkwikkende woorde sagkens reën
en deurdring op hierdie verdorde been.
Maak my blind vir die lelik en seer
en laat hierdie kind in my weer probeer
om sorgloos en uitbundig te baljaar
en nie so oorbodig stof te vergaar.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek