Jongste aktiwiteit:

Vriende

vrienskappe is kosbaar soos diepsee pêrels
vasgestring in snoere van mooi onthou
geeneen van hulle is dieselfde nie
maar tog is elkeen in my hart se klop toegevou

Party is die kleur van ‘n wilde angelier
ander weer die blou van ‘n koringblom
gedagtes vloei soos riviere sonder end
bly herinneringe aan hul liefde my siel se gom

sommige het vir ‘n korte duur vertoef
vele het ‘n lang pad saam met my geloop
wanneer die aandskemer sy kleurpalet kom verf
is ek dankbaar vir vriende wat my menswees vas kon knoop




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed