Jongste aktiwiteit:

Romanse Mooi

Vleiend jou glimlag in die oggend groet
jou teerheid soos dou en reinig my hart
ʼn nuwe begin, ʼn nuwe lied, ʼn nuwe dag

Ek wil wandel in jou velde van romanse mooi
ek wil deel wees van jou vreugde – borrelende fontein
met pastelkleure wat teen die hemelblou skyn

Ek wil ʼn blommetjie wees met ʼn sy-sagte kroon
wat die skoenlapper tussen lowergroen vind,
salig en stil van die nektar kom drink

Sal jy die wolke wees wat veerlig sweef
en blinkwit skyn vanuit die hemel ruim
en wag hou soos die wagter van die veld?

Ek wil aan jou lippe hang – skakerings van rooi
voorspel die soet geur van liefde
jy is asemrowend mooi

Ek wil jou streel soos net die son se goud en geel kan speel
om perfeksie af te rond en luister na die taal van die veld
wat ʼn sprokie verhaal vertel

Ek wil jou lei na romanse in die tuin
en jou van Sy liefde vertel
wat borrel in die wel

© Marieta Calitz [LadySoul]




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed