SÊ NOG DAAR MOES CLOWNS GEWEES HET
SÊ NOG DAAR MOES CLOWNS GEWEES HET
…Toe dink ek – na een laatnag se nagmerrie, Liewe Jesus of Meneer was die enigstes wat sou kon gehelp het; maar noudat ek die duiwel s’n was (dit was nie aspris nie, hy het my sommer net gevat sonder dat iemand gekeer het!) wou Hulle my nie meer liefwees nie. So as ek dan nie meer self met Hulle kon gepraat het nie; dan sou ek met een van die Meneer se p.a’s gaan praat. Predikante weet mos van genade en sondegoeters. Honer bright – ek het gedink ‘n Hemel p.a sal kan help…
Al was ek nie lief vir ‘n gerokdraery nie, het ek daai middag my heel mooiste en beste rok aangetrek en driekere gaan bad om seker te wees ek is skoongenoeg. Van agter my ore tot en my my tien toontjies. Ek het my selfs gestraf deur skoene aan te trek (jis, ek haat skoene); ek het nie eers skoene aangehad as ek my Hero (waar was U dan, my God?) in die Hemel saam met die engeltjies reisies gehardloop het nie. Nie eers wanneer ons die duiwel gaan vertel het hoeveel kos die vis in die Kaap nie.
Kaalvoete bo-op. Sy voete wat dans……..Nooit-ooit weer dans. Nooit-ooit weer nie…
Uhm; ek kon sien Meneer se p.a (ek het geweet dit was Meneer s’n, omdat en oordat hy het so ‘Almagtige, Hemelse God en Vader’ houding gehad) wou nie eintlik hê dat ek in sy gesalfde huis moes inkom nie. Honor bright, Hy was nooit só nie…My Meneer – al was Hy nie meer myne nie – – was nooit so met Sy Huis se deur gewees nie. Honor bright, Hy was nooit so nie…
Of dalk miskien het hy geweet van…..van my beentjies wat nie meer so baie rond kon gehardloop het nie; omdat hulle teveel oop moes maak en nou dink hy ook ek is ‘n maklike, lekker vuilgoedgemors! Soos baie ander oë gesê het.
Soos so baie ander vingers vermakering gewys het……Maar ek was darem eendag lank gelede Liewe Jesus se eie, persoonlike warriorqueen gewees; en toe staan ek ewe braaf my 8 jarige vrou…….maar……Weet jy hoe dêm moeilik dit is om met grootmens-seunskindermense te praat oor sy stywe totties en te klein piepiegaatjies; en smerterige, taai witgoeters wat jik nie eers van jou hande wil afwas nie!
Al was hy dan nou ook Meneer se p.a . Want net presies hoe sê ‘n dogtertjie vir ‘n seunskindmens p.a van die Hemel dat al jou asem nie aspris opraak wanneer ‘n seunskindmensprins se lyf bo-op jou bangmaak goeters doen nie. Dat jy jou beste bes probeer om te keer dat jou lyfie ook teen syne ruk; wanneer daai witgoeters by sy tottie uitspat…..en jou piepiegaat sulke snaakse trane huil nie……..’Bokkie, het jy die sout van my trane geproe?
Bokkie sal jy vannaand by my kom lê?’ Van die onGoddelike waansin om heeltyd sirkusnar te speel sodat niemand vir altyd en altyd moet weet hoeveel keer jy jou pantie moet uittrek nie…..
Maar Meneer se p.a het my bliksemsnel met ‘n bekhougebod in die middel van die heel voorste begin laat swyg!……………….Hy het nie tyd vir snotkop aandagsoekers nie en as my pa eerder ophou suip – toe weet ek, Piet en die duiwel het gesplit – en kerktoe kom dan sal dit al help. En as my ma beter na my gekyk het dan sou ek nie nou in die strate rondgelhol en besige mense soos hy se tyd gemors het met ‘n spul liegstories nie; ‘where are the clowns.
There ought to be clowns’…..en as ek nie dadelik padgee nie dan sal hy persoonlik my ma bel om my te om haal en haar sommer onder sensuur sit omdat sy te sleg is om na my te kyk……..Nee! Hy mag nie my ma bel nie. Sy mag mos nie geweet het nie; want hulle sal haar doodmaak!!
Buitendien, het ek al in die spieël gekyk? Ek is te lelik, watter normale seun sal my nou graag wil molesteer? ‘Spieëltjie spieëltjie aan die wand wie’s tog die mooiste in die land?’ Huh-uh, ek het nie vir ‘n antwoord gewag nie of vir die clowns nie.
Vinniger as Salvador (my Hero se forse, spierewit Arabierse resiesperd) teruggehardloop huistoe! En toe my ma en pa van die werk afkom was ek en Patches en Bontjan en Stoffel sorgeloos aan die speel om en in die vyeboom……… En my ouma het gedink my rok en skoene was vir ‘n maatjie se verjaarsdagpartyjie ‘n paar huise laer straat af.
……….Ek het hoër die vyebom ingeklim, tot heel-hele bo – bang Stoffel gaan split dat ek ‘n bietjie begin huil het, net ‘n kleinklein bietjie. Honor bright; maar dis daai einste simpel hoenderhaan wat my aan ‘n ander plan laat dink het hoe om seker te maak Liewe Jesus of Meneer sal moet luister… Hy was vas van plan om vir Botjan aan die bout te pik – sommer net omdat hy kon – toe die skielik omspring en op Stoffel afpyl met ‘n geweldadige spoed. Meneer stupid het eers so in stadige aksie in die lug gedraai; en toe dapper muis met ‘n onaardse geraas rigtingloos begin koersvat
Kadoef!! Kopeerste in my eie, persoonlike vyeboom se stam vas Stoffeltjie was vir ‘n volle twee dae gladnie nie homself nie. Wat beteken by was vir 48uur ‘n normale hoenderhaan wat nogal ‘n rare ondervinding was om te beleef. Toe hy egter daar regkom was hy tot die mag 3 erger as sy gewone self; maar sy welverdiende teëspoed het my laat onthou van die bidengeltjies!
Natuurlik was hulle rêrig gewees. Honor bright, bidengeltjies het elke dag met die warm sonstrale afgegly aarde toe om al die mense se gebede in hul goue notaboekies wat hulle by Liewe Jesus gekry het in neer te skryf. Hulle het eers opgehou met werk wanneer die sonkoning die straaltjies teruggestuur het Hemel toe sodat Michael dit in Meneer se brandkluis kon bere tot die ander more se oggend toe.
En wanneer meneer Thomas G Moonbeam die maan se lig deur my Hero se vingers laat val het tot hier op aarde, dan het al die bidengeltjies hulle goue notaboekies toegemaak en met die maanstrale teruggeklim Hemeltoe. En dan het hulle vir Meneer in Sy studeerkamer al die mense se gebede voorgelees – Meneer het dadelik geweet watter sommer net speel–speel was, hulle het Hy in Sy asblik gegooi. Maar die rêriges het Hy binnekant – in Sy eie, persoonlike hart gebêre om terug te antwoord.
Toe dink ek – môre as die bidengeltjies weer met die son se strale afgly aarde toe; dan…Dan gaan ek op ‘n plek staan waar die sonstrale die meeste was en al die engeltjies sou nie betyds kon gebriek het nie. Ten minste een bidengeltjie moes in my vasgly – nes Stoffel wat nie betyds kon gebriek het vir die vyeboom nie! En omdat engeltjies nie ongeskik is nie; hy sou my bidwoorde moes neerskryf enne….
Enne dan kon ek….Dan kon ekke….
Seker een van die warmste somersdae daar in die goeie ou Vrystaat; die lug wasig van warmwees. Die afdak; daar waar ek eendag vir die eerstekeer so maklik lekker geword het……..Later. Kaalvoet-later het ek die brandhel onder my voete nie meer gevoel nie; want………want die bidengeltjies het gebriek en verby my gegly Omdat Liewe Jesus gesê het hulle moes omdat ek nou ‘n slegte vuilgoedgemors gewas……..was……….Wat het dit tog saakgemaak oor my voete; hulle sou in elk geval nooit-ooit weer kon dans nie, want – sommwe net want.
Bloedrou, velle -af, blaasvoete ek dink as my voete nie so eina was nie, dan sou my agterwêreld seker naastenby so gelyk het. My mamma moes maar tevrede wees met my verduideliking dat daai spul vieslike hobgoblins van Nagmerrieland vandag emmers en emmers, nog emmers vol sonstrale gesteel het en dat ek en al wat engel, feetjie en kabouter was oor warm sinkdakke en warm teerstrate en alles wat kokend warm was moes hol om al die sonstrale weer terug in die Hemel te kon gekry het………En my arme ma was al gewoond daaraan dat haar rabbedoe, blou-oog meisiekindmens onmoontlike goed aangevang het in die naam van Feetjieland; toe ek nog die Feetjiekoningin was. En enige iets vir my Hero sou gedoen het; toe ek nog sterretjiestof uit Sy baard kon gekielie het.
{pornotydskrif} …….NIKS WOU WERK NIE!!!
..…en Godank ek het nie geweet wat verder op my gewag het nie. Dat daai heel eerste molestering maar net die heel voorste begin; die proloog in die bizarre herskryf van my mooigewees-sprokie was. Die…..Die sekskring – wat my volgende trappie na bevordering was – sou die daaropvolgende hoofstukke van my lewe met baie sorg en kundigheid skryf. Dieper.
En dieper die verderf in! Volbloed hoer wat haar storie geken het op die ouderdom van 8 jaar.
Uhm, ek onthou nog die heel eerste werklike verkragting – die helse eina, daai bang wat geen woorde ooit sal kan sê nie; die afskuwelike doodgaan van my menswees. Van die droom wat ek in Sy oë gekry het.
Niemand het geweet nie, MOES geweet het nie. Want hulle dreigemente was anders as die van die seunskindmensprinse en net so bitter min ydel soos my liefde vir HOM. Ek het immers geweet, gesien en deeglik gevoel waartoe die nuwe hulle instaat was……Glo my; jy wil nie rêrig weet nie. Tensy jy nie vanaand wil slaap nie……….
Vir 26jaar lank was ek wegverloor in elcheappo se vuil gatsak; gekruisig aan sy sielsiek, swart wellus – maar een koue, bittersoet Herfsaand het my Hero my daaruit kom haal en weer Syne gemaak. Vir altyd, my Lord of the Dance.
©Liza Daniells
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.