skrywersblok (brons)
gedagtes soos wasgoed in die wind
bly wapper sonder woorde _
as my potlood hul wil vaskeer
bly elkeen hom ontglip
en waai die woorde weg
waar ek hul nie kan vind
dan smaak my stories laf _
futloos nes vaal tee
© Rika Gerryts
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.