Tot stof
Tot stof
Ryg my mond toe met die fynste garing:
‘n spinnerak teen die gang van tyd.
Vee die son uit; dan die maan,
hang leë kolle in die opelug,
vleg waaigras om my enkels –
‘n koue vlam in die wind.
Laat my uitbloei
– in ink op wit –
‘n padpredikant op sy knieë:
‘n droë herfsblaar.
Tót die vrugdeel van eeue strem;
tot stof dan, my asem.
© Ernst Fernando Dos Santos
4 Kommentare
-
Inkmoderator
Die liefde wat jy vir jou digkuns koester is naak vir ons in hierdie vers. Ek ervaar jou omgang met Afrikaans, die stille eerlikheid met jou omgewing en die diepe toewyding wat dit verg. Jy imponeer my 'erg' met hierdie werk. Dit is soos simfoniese kariljon op 'n stil more. Welgedaan. Baie dankie vir jou besonderse bydrae. IM
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek