Valshulp
sagte handjie strek
uit dons die koue in
instink lei na moedersbors
die voedselbron bron vir
grootmens word
hulpverlening word
gepreek, massamedia vereer
polities geslepe as woke* verklaar
verhoed werk, seer, die swaarkry ervarings
deur die vrag van ander te dra
sy kalf uit put te dra
is instink van moederbors
toe ingeburger in kinderkrans tot nagraads
as jou plig om die mensdom in
nat kinderdoeke te laat
© Koos Elsum
*woke b.nw. [attr. en pred.] (Engels, informeel) 1 (a) bewus van, ingelig oor, op die hoogte van en (hoogs) sensitief vir rassevooroordeel, rassehaat, diskriminasie, (enige vorm van) sosiale onregverdigheid; wakker; sosiaal bewus; bewus empaties
Algemene Woordeboek van Eietydse Afrikaans (AWEA)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.