drome op my duin
diepsinnige gedagtes
word soms gebou
op ‘n bed van pyn
of dit fisies of geestelik is
maak nie eintlik saak nie
so kom jou onderbewuste
en gesels hy lustig saam
met iemand bokant jou
hy sien ‘n skuins pad teen ‘n hang
‘n stroom blanke vrouens
wat van links na regs
in groot getalle saam gekoek
teen die pad af skuifel-stap
almal het hande in die lug
en dra saam aan ‘n wolk van goed
voor aan stap ‘n ou man en roep
kom aan – kom aan, stap vinniger
my onderbewuste staan nader en vra
nou waarheen is julle op pad
dadelik is daar dreigende manne
wat my weghou van die stroom
iemand stap met ‘n geweer
nogal ‘n 270 jag geweer
maar hy kan nie skiet
want die geweer
het nie ‘n kolf
my onderbewuste los my daar
my oë gaan oop uit onderdrukte slaap
is dit dalk ‘n siening gebou uit bewuste
wat dalk glo dat daar verdrukking kom
wie sal weet want onderbewuste
is mos glo net onderdrukte
gedagtes van die mens
©Teárlach
(Profeet word nie in sy eie huis ge-eer?)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.