Verlore
gestrand in enorme ontvangsale
of uitgeskop op stink stasieparonne
vra ons onbeskaamd, kaalkop
waarna toe
of ingekelder in benoude kajuite
aluminium binne, staal rame buite
snel ons rigtingloos vinnig voort
met losgemaakte skoene
die antwoord
maak vas jou skoene en
trek na ń Amerikaanse boereplaas
en dan kyk moeders skaam af
© Koos Elsum ♾️
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.