
Outhou Ouma
die koolstoof brand vuurwarm
waarin Waenhuiskrans snoek ruik
in ouma se Overberg plaaskombuis
en buite lê ń klipdroë agterjaart
ń boggel bruin plaaspad lê verlate
deur dorre Vrystaat velde
net hier en daar
ń grassie
ons boude vryf sweet
deurdie hitte van die plekke
maar dan omvou haar stem my
“dié grassie is mooi”
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.