Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Vertrek Vertraag

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 20 Julie 2022 Aantal woorde: 70 59 Kere gelees 4

dis oggend donker
tasse staan gepak
wag vir optel
na vertrek
punt

karre kruip
spits verkeer oppad
teen sonop
na vertrek
punt

deure waai oop
mense, tasse val
haastig in toue oppad
na vertrek
punt

elektronika rits oop
jou bestaan te beaam
ontsluit die toelating
na vertrek
punt

meganiese stem roep
straler in ys vasgevang
toelating vertraag
na vertrek
punt

mens, masjien vuur
gesinchroniseer
dan vries yskristalle
die vertrek
punt




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 573
Kommentaar telling: 148

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 184 gaste aanlyn

Bydraes – Argief