Jongste aktiwiteit:

Winter saligheid

Hier sit ek… vinger verkluimd, verkreukeld verkrom
en streel die sagte rekenaar knoppies –
soekend na nostalgiese woorde,
wyl liriese akkoorde blêr oor die koppies,
dan – plotseling… voel my brein oud en dom.

Gas warm bearbei die verwarmer die leemtes
om my, wat sny- kou aan warm vlees…
en probeer ys in stilte blom
voordat “ik” tot sy sinne kom.

Stelselmatig smelt die wit muur om my
wanneer “bakers” se gemmer smaak
ou herinneringe wakker maak
en “Koffiehuis” my maklik verlei.

Tot saligheid my denke bedwelm
en redenasie alleen redekawel
in hul laaste stryd om skelm
my brein te ontrafel.

Ek wou nog, ek wou nog dig…
toe sak my ken rustig met ‘n sug,
my oë wou nog priem in die swak lig
toe swaar asemhaling hang in die lug.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed