Jongste aktiwiteit:

Katterus

Knus lê sy teen my been
en spin haarself in ’n wêreld van katdrome.

Die snorbaardjies spring-spring
en haar voorpootjies ruk liggies.
Haar majesteit is seker besig
met ’n wandeling in ’n helder
blommetuin waar vlinders en
naaldekokers tartend ronddans.

Ritmies beweeg die wolhaar lyfie
soos sy die fyn asempie deur die nat neusie pers

en dan, ’n diepe sug
van diep uit haar binneste.
Niks is so vreetsaam
soos die rus van ’n kat.




Ek is maar net 'n kaalvoetkind van Namakwaland, verslaaf aan die reuk van ink op papier en honger vir woorde wat siele versadig, of dit nou uit my pen kom of joune.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed