
ZELDA HFSTK 2
Op die kop agt uur stop Zelda voor “African Art and Culture”. Sy sit n paar oomblikke stil en neem die vooraansig van die winkel in. Sy hou dadelik van wat sy sien en neem sy die koevert met al haar dokumente in haar hand voor sy uitklim.
Toe sy voor die toe deur kom staan word die deur net van binne af oopgeskuif en voor haar staan die groot man met sy pikswart hare en blou oë. Sy mond plooi in n breë glimlag terwyl hy sy hand uitsteek: “Paul Marais en met so beeldskone meisie voor my deur is my dag sommer gemaak”.
Zelda wil haar vererg oor die man se vrypostigheid maar neem sy hand en stel haarself voor:”Zelda De la Rocha”, en dit is toe sy in sy oë kyk en die ferme handdruk voel wat sy vlinders in haar maag voel en haar bene n lam gevoel kry voordat sy sy hand los.
“En waarmee kan ek jou help juffrou Zelda”, vra Paul terwyl hy opsy staan dat sy kan binnekom.
“Meneer Marais ek het gisteraand hier oornag en het jou advertensie in die koerant gesien. Ek is eintlik oppad Sandton toe vir n onderhoud vir werk maar toe ek die advertensie sien het ek besluit om gou hier te kom inloer en te hoor of die pos nog beskikbaar is”, rammel Zelda dit af.
Weer daardie breë glimlag wat haar lam maak en dan antwoord Paul: “Nee die pos is nog nie gevul nie. Kom ons stap kantoor toe dan gesels ons. Terloops my naam is Paul, ek haat n stywe spul”, antwoord Paul.
Die kantoor is n klein kantoortjie met volle uitsig oor die winkel. Op die lessenaar staan n rekenaar met n drukker en agter teen die muur is rakke met n klomp leërs daarop. Paul gaan sit agter die lessenaar en wys vir haar om ook te gaan sit.
“Goed Zelda vertel my alles van jou”, vra Paul.
Zelda begin hom vertel van haar lewens geskiedenis. Gelukkig is dit nog stil en kan sy haar verhaal ten volle sonder onderbreking vertel terwyl Paul die dokumente uit die koevert haal en dit deurkyk. Sy noem dit ook dat Annatjie by die gastehuis haar so een en ander oor hom ook vertel het.
Paul glimlag en vra: “Een of ander of alles. Ek ken vir Annetjie en sy is maar praterig”.
Zelda swyg, word rooi en bly n antwoord skuldig.
Paul is maar weer die een wat die woord voer: “Van wat jy my vertel het en as ek jou kwalifikasies so kyk lyk jy vir my na die ideale persoon wat ek na soek Zelda. Jy weet natuurlik dat ek graag dat die persoon wat by my kom werk ook by my sal wil laat inwoon”.
Voor Zelda haarself kan keer antwoord sy: “Met die hoop om n lewensmaat te kry”, die volgende oomblik voel sy of sy haar tong kan afbyt maar dit is te laat. Paul kyk haar aan en bloos bloedrooi en bly haar n antwoord skuldig.
“Jy wil seker gaan kyk waar ek bly voordat jy finaal besluit. Ek roep gou vir Anna om jou die huis te gaan wys”, omseil Paul haar stelling en roep vir Anna wat by hom werk.
Toe Anna die kantoor inkom vra Paul haar om vir Zelda die huis te gaan wys nadat hy hulle aan mekaar voorgestel het. Anna knik met die kop en staan Zelda op om haar te volg terwyl Paul haar nadenkend aankyk terwyl hulle wegstap.
In sy gedagtes moet Paul erken dat die meisie hom lam het en besluit hy dat as sy die pos wil aanvaar hy haar defnitief gaan aanstel.
Dit is nie lank nie of hulle is terug met n opgewonde Zelda wat dadelik haar mening gee: “Paul ek is mal oor jou plek. Waow ek is seker ek sal lekker hier saam met jou bly en saam met jou werk as jy my wil hê”.
Zelda gaan sit weer en Paul antwoord: “Dan moet ons nog net oor die salaris ooreenkom. Wat het jy in gedagte Zelda. Ek sal jou net nie kan betaal wat hulle jou seker in Sandton sal aan bied nie”.
Zelda skud haar kop: “Nee seker nie maar ek sal tevrede wees met R5000 per maand en vry inwoning. Dit is wat Barend my betaal het en om eerlik te wees ek is nie lus vir n stadslewe nie”.
Paul dink n paar oomblikke na. Dit is meer as wat hy in gedagte gehad het maar aan die anderkant is hy seker sy sal dit werd wees en dan steek hy sy hand uit. Sy neem sy hand en hou hulle mekaar se hande bietjie langer vas as wat nodig is.
“Ek gaan vir Simon vra om jou motor agtertoe te bring dan kan Anna jou help intrek . As jy klaar is kan ons verder gesels en kan Simon jou motor in die stoor trek, daar is genoeg plek”, met die roep Paul vir Anna en Simon nader, stel Zelda aan Simon voor en gee sy opdragte.
Na twee ure is Zelda terug: “Ek is klaar ingetrek Paul en nou kan jy my deur die winkel neem en alles verduidelik”.
Paul neem Zelda op n toer deur die winkel terwyl hy verduidelik: “Ek het oorspronklik die winkel gekoop om my natuur en wildfotos, waarvan ek letterlik honderde het, te bemark en te verkoop saam met internetverkope en verkope aan tydskrifte. Hier vergroot ek hulle, raam hulle en verkoop hulle aan veral toeriste”, verduidelik hy terwyl hy na die fotos teen die muur wys.
Zelda praat nie en Paul gaan aan: “Dit het egter nie hier gebly nie en het ek koperwerke ook begin aanhou asook Afrika houtsneewerke. Ek wou oospronklik nie aangaan met die antieke meubels nie en wou daarvan ontslae raak tot ek besef het daar is goeie geld in antieke meubels”, vertel Paul verder.
Terwyl hulle tussen die meubelstukke deurbeweeg raak Zelda elke stuk aan:“Paul hierdie plek het groot potensiaal. Jy het nie baie meubels hier nie maar die wat jy het is werklik antiek. Ons sal moet werk daaraan en kan bietjie uitbrei daarop”.
Hulle bereik die kantoor en gaan sit terwyl Paul sê: “dit is my probleem Zelda. Ek kom nie by veilings om te kyk wat daar is nie. Dit is waarom nog iemand begin soek het sodat ek kan begin veilings bywoon”.
Zelda glimlag en twee pragtige kuiltjies verskyn: “Ek moes ook maar met Barend die laaste tyd veilings bywoon. Hy kon nie meer nie. Ek sal internet begin dophou vir veilings en ek het alles in Barend se rekenaar op n stiffie afgelaai. Ons het dus baie om mee weg te spring Paul. Ons gaan wenners wees”.
Die middag raak n besige middag in die winkel en is daar nie eintlik tyd vir gesels nie. Zelda hanteer die kliënte wat sy bedien met gemak en proffesioneel tot Paul se groot tevredenheid.
Nadat hulle vyf uur toegemaak het stap hulle huis toe nadat Paul sommer vir hulle wegneem etes laat haal het. In die kombuis eet hulle dit sommer so uit die houers uit en is dit toe hulle die houers toevou en Paul sy mond met die servet afvee wat hy sê: “So ja nou kan ons daar by die kroeg toonbank gaan sit en n drankie saam geniet, ons het iets om te vier”.
Zelda staan saam met Paul op maar is haar antwoord: “Gaan jy omgee as ek gou gaan stort en iets anders aantrek Paul? Dan sal ek met graagte saam met jou n drankie kom drink en kan ons lekker gesels. Ek sal n dubbel brandewyn met water en ys neem dankie”.
“Nou toe, gaan stort en gaan trek jou mooi aan, sal net hier vir jou wag hoor, sal solank die water en ys kry terwyl ek wag”, antwoord Paul terwyl Zelda in die gang in verdwyn.
12 Kommentare
-
-
Arnold
Die lewe is baie meer interessant met iemand aan jou sy.
-
Toom
Die vorige keer het ek nie alles kon lees nie. Teleurstellend. Ek hoop ek het meer rus en vrede om dit hierdie keer tot aan die einde deur te lees! GvT
-
Kiekies
Ek lees heerlik voort.
-
Ronel Janse van Vuuren
"my naam is Paul, ek haat n stywe spul" rym 'n bietjie, klink nie natuurlik saam met die res van sy manier van praat nie. Verder hou ek regtig hiervan :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Ek is baie bly dat jy hierdie storie weer plaas Neels, sien uit om dit weer te lees met al jou veranderinge