Jongste aktiwiteit:

DIE SOMER LOOP WEG

Die tarentale het laasnag voor my uitgedraf
om my te gaan wys
waar die wind sy buik met die winter se ysasem
by die son se wegloop skadu’s vul

Die bosduiwe sit vanoggend ‘n half uur langer
met hul vlerke soos naaldwerk in mekaar gevleg
voor die son hul roep
en hulle ontrafel om my wakker te kom maak

Die water loop druipstert uit die kraan vanoggend
terwyl die honde onrustig na die geel plas kolle
van die half gestookte oggendsonstrale
op die gerypte grasperk soek

Die wind knyp skaam beskeie
die laaste somerson se sterte
tussen die takke van die Jakarandabome
om die halfdood valskermblare
aarde toe te jaag

…die somer loop weg
en ek sit soos ‘n kind sonder ‘n lekkerstokkie
kwaad vir die somer
en sy wegloop ding




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed