
Huskies Droom Maar Voort
Huskies, Droom Maar Voort
Huskies, die pragtige poolhonde
blaf nie maar het die lang
droewige uitgerekte huiltjank
asof daar nog ‘n oerinstink is van
wyd uitgestrekte ysvlaktes wat
soos ‘n wit laken voor hulle uitgesprei lê—
Hulle onthou die eensame huilgeroep
ver oor die yswoestyn heen waar
‘n maat die ore spits en gaan
antwoord op die huilroep verweg—
Dis ysig, alleen en eensaam as die
poolwinde so waai oor onherbergsame
ysvlaktes maar hulle gaan veilig saam jag—
Is dit dalk die oerbeeld wat hulle nog in
hul gene oordra met die lang huilgeroep
wat my koue rillings gee as ek die yskoue
scenario in my verbeelding sien en dink
huskies droom julle maar voort—
Janetta – Helena [Babs] ©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
sjoe jou pragtige gedig gee my ook koue rillings!! Ek is mal oor die Huskies tannie Babs