Jongste aktiwiteit:

Liefdessimfonie

word stil en luister my geliefde
na die eggo van ons harte
vingers vlinder oor akkoorde
speel onbekende note
huiwerig sag die melodie
stil stom sonder woorde
leer ons saam ‘n nuwe lied
vingers gly oor harte snare
luider klink ons simfonie
toegevoude roosknop blare
vou oop in prag en glorie
ons verdrink in mekaar se wese
saamgesleur deur ons melodie
dawerende akkoorde
ek pluk die sterre in jou oë
jy fluister sag my naam
as die laaste klanke wegsterf
smelt twee siele saam




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed