Jongste aktiwiteit:

Vurig vrou

blou teen hemelsblou
lê jy daar
op sagte sand in rustigheid toegevou
versier met wolke van koraal
spieëlglad droom verlore
ritmies lê jy en asemhaal
rustig deinend in jou slaap
deur die son gekus
deur die wind aangeraak
skielik rys jy jou kop
uit blou dieptes
klim wit strydrosse op
deur die wind se sweep aangedryf
verdwerg die horison
vee als in jou pad gelyk
met een vernietigende kyk
skiet Thor met weerligstrale skyf




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed